Onvergeetlike Historiese Ervaring
Isandlwana, KwaZulu-Natal

Isandlwana Lodge is op die bekende Battlefields-roete in die hartjie van die KwaZulu-Natal Provinsie in Suid-Afrika geleë.

Hoogtepunte

Weggesteek in die Nyoni Rotse met ’n uitsig oor Battlefields
Gebou van plaaslik geproduseerde materiale
Ligging is ’n historiese baken
Uitsigpunt van die historiese landskap
Familie-vriendelike akkommodasie

Jou Ervaring

Isandlwana Lodge bied beeldskone en unieke verblyf in die hartjie van die Zulu Hoofstad van Suid-Afrika. Isandlwana Lodge is gebou om die herinneringe van die historiese slae wat op hierdie land plaas gevind het, te herleef en te onthou. As jy opsoek is daarna om die dieper geskiedenis van Suid-Afrika te ontdek, tesame met die skoonheid van die land is Isandlwana Lodge die perfekte plek vir jou.

Word wakker met die beeldskone uitsig van die golwende Battlefields landskap, geleë op die antieke Zululand vlaktes. Die vars lug en groen koppies omliggend aan die Isandlwana-berge is gevul met rare en opwindende voëllewe wat ’n ontspannende en rustige atmosfeer bied.

Die oop Zululand vlaktes bied boon-op die historiese skatkis en onvertelde stories ’n beeldskone eko-sisteem wat die moeite werd is om te ontdek. KwaZulu-Natal is prentjiemooi. Daar is elke dag nuwe staproetes om te ontdek. Stap waar antieke helde eens getrap het. Die verskeie rivier, berge en roetes sal jou in verwondering los met die skoonheid van die Isandlwana Battlefields.

Isandlwana Lodge wil graag vir jou die beste ervaring van die Battlefields bied gedurende jou verblyf. Jou privaatheid en gemak is altyd ’n prioriteit by Isandlwana Lodge.