Onvergeetlike Historiese Ervaring - Aktiwiteite
Isandlwana, KwaZulu-Natal

’n Battlefield toer is ’n hoogs fassinerend en opvoedkundige ervaring, geleë teen die beeldskone agtergrond van Zululand.

Battlefield Toere

’n Toer wat jou op ’n terugblik van Suid-Afrika se verlede sal gee. Herleef die hewige slae van die verskillende nasies wat al oor hierdie grond gestry het. Battlefield toere is versigtig ontwerp om die verlede te herleef en jou die volle effek van die emosies van die mense wat daar geveg het te bring.

Voëlkyk

Meer as 300 voëlspesies is al in die area gesien en daar is verskeie roetes en toere vir voëlkyk. ’n Opgeleide gids is beskikbaar om jou na die beste uitsigpunte te neem.

Kulturele Toere

Hierdie toer van die daaglikse lewe van die plaaslike inwoners van die area is ’n insiggewende ervaring.  Leer meer oor die tradisies, kultuur en huidige kwessies van die afstammelinge van die magtige krygers wat so sterk in hierdie area geveg het. Die toer kyk ook na ’n plaaslike gemeenskap in Zululand en wys hoe moderne en tradisionele waardes hand-aan-hand leef om die antieke kultuur te behou.

Wild Besigtiging

Wildbesigtiging is beskikbaar by die Ophathe Wildreservaat, wat deel vorm van die eMakhosini Historiese Reservaat waar vele slae ook geveg was. Die reservaat is bekend vir sy renoster konservasie. Daar is volop wild om te besigtig.

Staproetes

Neem dieselfde roetes as wat die Zulu krygers destyds gestap het. Hierdie staproetes sal jou meer insig gee oor die afstand en die terrein waarop die slae plaasgevind het jare gelede. Ontdek die heuwelagtige omgewing met ’n gids wat jou van die interessante geskiedenis sal vertel en die pragtige voëls sal uitwys. Onthou om goeie stapskoene en ’n hoed in te pak.