Impala Lily
Impalalelie

© Roger de la Harpe
Impala Lily.

Naam

Impalalelie.

Latynse naam

Adenium multiflorum (Suider Afrika – ware impalalelie)
Adenium obesum (Oos en Noord-Afrika bekend as “dessert rose”)

Beskrywing

Die impalalelie blom hoofsaaklik in Julie, maar op plekke waar dit gekweek word sal dit ook middel September blom. Die blom se grootte is ± 5 cm in deursnee.

Habitat

Die impalalelie (Adenium multiflorum) kan in die Kruger Nasionale Park gesien word en groei in Noord KwaZulu-Natal, Oos Mpumalanga en Limpopo, Swaziland, Mosambiek en Zimbabwe. Die verspreiding strek tot by tropiese Oos-en Wes Afrika na Malawi en Zambië.

Veld notas

Die impalalelie is ’n pragtige blom wat al vergelyk is met ’n miniatuur kremetartboom. Die plant bevat sekere gifstowwe wat skadelik vir vee is alhoewel dit selde deur diere geëet word. Die gifstowwe word deur Boesmans in hulle pylpunte gebruik, maar dit is gewoonlik in kombinasie met die gifstof van ’n ander plant.