Historiese Safari-ervaring
Hluhluwe-iMfolozi Park, KwaZulu Natal

Geniet 'n historiese safari-ervaring by Imfolozi Wildreservaat in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Hoogtepunte

Voëlskerms regoor die reservaat geplaas om die oorvloed voëlspesies te bekyk (fantastiese fotografiese geleenthede)
Wildbesigtinge met self-ry opsies
Gemaklike self-sorg en begroting-vriendelike akkommodasie
Opsionele daglange toer naby St. Lucia
Heerlike pieniekplekke en braai areas

Jou Ervaring

Imfolozi Wildreservaat vorm deel van die suidelikste deel van die Hluhluwe-iMfolozi Park. Die reservaat is gekenmerk vir sy oop spasies en oorvloed verskeidenheid fauna en flora. Is jy in die KwaZulu-Natal provinsie van Suid-Afrika en wil jy die Groot Vyf van jou besigtigingslysie afmerk?

Dan is Imfolozi Wildreservaat die plek vir jou om heen te gaan! Soogdiere wat op ’n gereelde basis om hierdie akkommodasie in die Imfolozi Wildreservaat gesien word, sluit in die Groot Vyf, asook die blou wildebees, sebra, kameelperd en (baie) impala, waterbok, rooirib- en vaalribbok, njala, koedoe en bosbok. Imfolozi Wildreservaat is ook ’n voëlkyker se paradys met meer as 300 spesies voëls wat al hier opgeteken is.

Reisigers wat die reservaat besoek kan kies tussen ’n self-ry safari, of ’n geleide wildbesigtigingsrit in ’n oop 4x4-voertuig. Bos wandelinge, of dit nou self-gelei of onder die leiding van ’n kenner gids onderneem word, is ’n geleentheid om die kleiner diere van die reservaat te sien. Hierdie diere is net so interessant soos die groter soogdiere, maar word vanweë die aard van ’n 4x4-rit gereeld oorgekyk.

Het jy al ooit ’n miskruier hard aan die werk gesien? Of ’n verkleurmannetjie van naby aanskou? Gaan die bos te voet in; jy sal verstom wees oor wat jy alles sal sien. Imfolozi Wildreservaat se klimaat is aangenaam regdeur die jaar.

Dit is gewoonlik vreeslik warm in die somer en in die winter daal die temperatuur ietwat, veral in die aande. Daar is ’n aantal piekniekplekke en braai areas oor die reservaat versprei. Hierdie rusplekke het elkeen ’n uitsig oor die ongesteurde wildernis. ’n Populêre daglange toer vanaf Imfolozi Wildreservaat is die toer na iSimangaliso Vleiland Park naby St. Lucia.