Perfekte Familie Wegbreek - Aktiwiteite
Hazyview, Mpumalanga

Die Kruger Nasionale Park is slegs 10 minute vanaf die landgoed geleë.

Wild Besigtiging

Dit is gelee naby die Sabierivier gebou en wild word gereeld om die lodge aanskou. Geniet ’n lui oggend in die hangmat en gluur na die Seekoeie en krokodille in die water. Gaste kan op ’n self-ry rit die park invaar, of ’n geleide toer met ’n gids in ’n oop 4x4-wildbesigtigingsrit aanpak. Die Kruger Nasionale Park is beroemd vir die grootheid van die park en die vele en gereelde wild besigtinge.

Dag Toere

Gebruik hierdie akkommodasie naby die Kruger Park as jou basis en ontdek Suid-Afrika se bekende attraksies soos Pilgrimsrus, die Blyderivierkloof, God’s Window en die Drie Rondavels. Jy kan kies om self te ry, of deel te vorm van ’n georganiseerde toer.

Diere Sentrums

Daar is ’n aantal diere sentrums naby Hippo Hollow wat oop is vir die publiek. Elephant Whisperers is die tuiste van ses geredde Afrika olifante. Hoedspruit se sentrum vir Bedreigde Spesies en die Moholoholo Rehabilitasie Sentrum dien as ’n toevlug vir wees en/of beseerde diere soos leeu, luiperd, tierboskatte, rooikatte, ratel, arende en aasvoëls.

Gholf

Gaste wat van gholf hou kan ’n rondte by die Sabierivier Country Club in Hazyview geniet. Gebou op die bed van die Sabierivier, hierdie gholfbaan word gesien as een van die top 10 bane in Suid-Afrika. Hierdie baan is ook een van slegs 4 bane in die laeveld wat 18 gatjies het.

Avontuur Aktiwiteite

Daar is ’n aantal adrenalien gebaseerde aktiwiteite om by hierdie akkommodasie naby die Kruger Park te geniet, dit sluut in Zip-lining, Vierwielry, Groot, Swaai, Bergfietsry, Abseiling, Verfbalskietery, Witwaterroei, Geckoing, Kayak avonture, Microlight-Bantam B22j vlugte, Helikoptervlugte en Grottoere met kerslig.

Bos Maaltye

Hippo Hollow Restaurant is langs die Sabierivier in die Hippo Hollow Country Estate gebou en bied ’n verskeidenheid watertand disse aan. Die eetarea is lig en ruim en maak op ’n platvorm oop. Aanskou die diere wat afkom na die water, terwyl jy wegsink in die feesmaal wat vir jou voorberei is.

Die platvorm is ook ideaal vir voëlkyk. Drink ’n glasie Suid-Afrikaanse wyn en kyk hoe die visvangers bo die water huiwer, opsoek na middagete. Terwyl jy nou met die glas in die hand staan, bly sommer tot sonsondergangs en drink op nog ’n beeldskone dag in Afrika. Die a la carte spyskaart het iets vir almal.