Ervaar die Buitelewe - Aktiwiteite
Hazyview, Mpumalanga

Hierdie Groter Kruger Park akkommodasie op die Sabie Rivier is ’n regte bederf vir natuur liefhebbers.

Wild Besigtiging

Die Kruger Nasionale Park is slegs 10 minute se ry weg en die lodge se gronde het ’n paar diere wat vrylik deurbeweeg. Kyk uit vir die impala, nyala, Egiptiese ganse en blou apies wie ook die Kruger Park lodge ‘huis’ noem. Die area is oor die algemeen ook goed vir voëlkyk. Terwyl jy terugsit en die uitsigte or die Sabie rivier geniet, sal jy verseker ook die inwonende seekoeie kan sien.

Golfing

Kruger Park Lodge is die regte keuse vir gholf entoesiaste. Tydens jou vakansie of toer van Suid-Afrika kan jy ’n ontspannende rondte gholf ook onderneem. Die 9-gat Gary Player-ontwerpte gholfbaan is ’n gunsteling vir baie plaaslike en internasionale besoekers. Dit is ’n beeldskone baan, omring met digte, inheemse tuine en die Sabie rivier. Daar is selfs ’n ryreeks en ’n Pro Shop op die perseel.

Dag Toere

Of jy nou op pad is Kruger Nasionale Park toe, deur Mpumalanga ry, of jouself slegs in die omgewing bevind, Kruger Park Lodge is die ideale basis vir jou toer. Op ’n dag toer kan jy een van die vele nabye Suid-Afrikaanse attraksies besoek. Net verby die Sabie is daar die MacMac Falls wat die moeite werd is om te sien, asook Pilgrimsrus, die Long Tom Pas en God’s Window.

Nabye Opsionele Aktiwiteite

Verfbal
Vierwielfietsry
Abseiling
Kanoe avonture
Perdry
4x4-roetes
Warmlugballonritte
Zip-line
Witwaterry
Bergplankry