Ground Morning Glory
Purperwinde

Naam

Purperwinde

Latynse naam

Ipomoea pellita

Beskrywing

Die blare wissel baie in vorm. Blomtyd vind gedurende Desember en Januarie plaas. Die blom se grootte is ± 2.5 cm in deursnee. Dit dra geen vrugte nie en die trompetvormige blomme is blou of pers en blom in die oggend. Dit is ’n immergroen relatief geharde meerjarige plant en groei vinnig.

Habitat

Die purperwinde groei in die Limpopo Provinsie en in die Kruger Nasionale Park.

Veld notas

Hierdie plant is van die patat (Ipomoea) genus en word as ’n rankplant teen hekke en drade gebruik. Die blare word as ’n lakseermiddel, vir slegte spysvertering en slangbyte gebruik.