Herverbinding met Natuur - Jou Verblyf
Gansbaai, Wes Kaap

Grootbos Natuurreservaat se akkommodasie is natuurlik romanties, met ’n panoramiese uitsig, knus vuurmaakplekke en buitelug bomas. Gaste kan kies tussen tuin lodges, woud lodges en privaat villas.

Jou Kamer

Garden Lodge bestaan uit luukse, een- en tweeslaapkamer, los-staande suites. Elke suite het ’n private houtplatvorm. Daar is ook sateliettelevisie, ondervloerse verhitting, lugverkoeling, ’n vuurmaakplek, klein kamerkroeg en tee en koffie maak geriewe in elke suite. Groot vensters bied ’n beeldskone uitsig oor die Milkwood-woud. Die Garden Lodge het ’n restaurant, algemene ontspanningsarea, barista kroeg en boma, asook ’n swembad met ’n oseaan uitsig. Daar is ook ’n skoonheidsalon en ’n biblioteek.

Forest Lodge bied kontemporêre en-suite kamers met vuurmaakplekke, private platvorms en wandelpaaie wat deur die Milkwood-woud lei. Die suites is op ’n koppie gebou met ’n uitsig oor die fynbos en die oseaan. Elke suite akkommodeer twee mense en is toegerus met lugverkoeling, ondervloerse verhitting, ’n klein kamerkroeg, reënwater-stort, satelietteleivisie, en tee en koffie maak geriewe. Daar is ’n naby geleë restaurant, asook ’n randlose swembad, ontspanningsarea, kroeg en buitelug boma.

Private Villas by Grootbos Natuurreservaat bied gaste private spasie vir ’n afgesonderde wegbreek. Daar is 6-slaapkamer of 4-slaapkamer villas beskikbaar. Elke villa het ’n persoonlike butler, sjef, private gids, asook wasgoed- en kar was dienste. Die villas kom met ’n en-suite badkamer, ondervloerse verhittig, lugverkoeling, ten volle toegeruste kombuis, vuurmaakplek en ’n private platvorm. Die 6-suite villa het sy eie swembad, wynkelder, filmkamer en gimnasium.