Herverbinding met Natuur - Aktiwiteite
Gansbaai, Wes Kaap

Elke jaar kom die suidelike noordkaper walvis na die kus rondom Grootbos Natuurreservaat om te paar en hul kleintjies groot te maak.

Staproetes

Gaste kan op hul eie die roetes die Grootbos Natuurreservaat ontdek, óf ’n gids kry om hul te lei en meer informasie te gee oor die plaaslike eko-sisteme, plante en diere. Die staproetes sal jou deur die Milkwood-woud neem, al die pad tot by die fynbos-ryke berg.

Walviskyk

Elke jaar kom die suidelike noordkaper walvis na die kus rondom Grootbos Natuurreservaat om te paar en hul kleintjies groot te maak. Die beste tyd om die walvisse te sien is tussen Junie en Desember. Aanskou die waterreuse vanaf die kus, of gaan uit op ’n bootvaart wat vanaf Gansbaai vertrek.

Botaniese 4x4 Toer

By hierdie eko-lodge kan jy op ’n botansiese 4x4-safari in ’n ope-lug Land Rover gaan. Jou ervare gids sal jou meer leer oor sommige van die 785 opgeneemde plantspesies van die area. Interessante feite en die medisinale gebruike van die plante sal ook aan jou oorgedra word. Hou jou oë oop vir die kleiner wild wat in die area woon.

Strand Uitstappies/Ekskursies

Grootbos Natuurreservaat is gerieflik naby geleë aan heerlike strande waar gaste bietjie in die son kan gaan lê en moontlik die Atlantiese oseaan aandurf vir ’n swem. Die strande is nie oorbevolk nie en amper onaangeraak. Gaste kan self die strande gaan ontdek, of ’n gids van Grootbos Natuurreservaat vra om hul te vergesel. ’n Smaakvolle piekniekmandjie kan aangevra word.

Voëlkyk

Meer 118 verskillende voëlspesies is al in Grootbos Natuurreservaat opgeneem. By Grootbos is voëlkyk ’n unieke ervaring. Hier kan jy moontlik suikerbekkies, kaapse suikervoël en witkruispaddavreter sien. Gaan uit op ’n geleide voëlkyktoer of aanskou die kleurvolle sangers vanuit jou privaat suite.

Private Spa

Na ’n dag vol aktiwiteite kan jy by hierdie eko-lodge gepamperlang word in die luukse behandelingskamers - of in die privaatheid van jou eie suite. Daar is ’n verskeidenheid behandelinge om van te kies, insluitende shiatsu, gesigbehandelinge, manikure en masserings.

Perdry

’n Opsionele aktiwiteit by Grootbos Natuurreservaat is perdry. Hierdie aktiwiteit is oop vir ervare ruites, of ’n beginners wat slegs op ’n rit deur die fynbos wil gaan. Dit is ’n ongelooflike manier om die area te sien. Daar is 18 perde in die stalle en hulle word goed geoefen en geleer.

Bos Maaltye

Verras jou smaakkliere met heerlike vars kos wat stylvol voorberei word met produkte vanuit die area. Elke vurkvol is ’n samekoms van smake, tekstuur en aromas en word tematies aangepas by die wildernis rondom jou. Elke maaltyd is ’n fynproewersete en elke bord kos is ’n meesterstuk. By Grootbos Natuurreservaat word kulinêre kuns voorberei.

Gaste het die opsie om hul maaltye in die buitelug geniet, byvoorbeeld in die vorm van ’n piekniek op die strand terwyl hulle walviskyk. Maaltye kan ook in die middel van die reservaat tussen die fynbos, in die buitelug boma onder die skitterende sterre of as ’n romantiese ete in die wynkelder vir twee bedien word.

Maak nie saak van die ligging nie, die kos sal verseker smaakvol wees en vars voorberei word met slegs die beste organiese plaaslike produkte.