Caspian Tern
Reusesterretjie

© Nigel J Dennis
Caspian Tern.

Naam

Reusesterretjie of Reuseseeswael (Hydroprogne caspia)

Familie

Rynchopidae (Roofmeeue, Meeue en Sterretjies)

Lengte

52 cm

Habitat

In pare of klein groepies by kuswaters en groot binnelandse water.

Roep

’n Harde krassende ‘kraaak’.

Voortplanting

Broeityd in die Kaap is Desember en Januarie, die nes is ’n skraapsel op die grond uitgevoer met stukkies afval plantmateriaal en daar is gewoonlik twee groen eiers met ’n growwe tekstuur en ’n paar donkerpers spikkels.

Voorkoms

Die volwasse reusesterretjie is die grootste sterretjie in Suid Afrika. Die massiewe rooi snawel en grootte maak die reusesterretjie maklik herkenbaar.
Onvolwasse voël: Onvolwasse voëls onderskeibaar van volwasse voëls deur die bruinagtige vlekke op die rug.

Bewaringstatus

Algemene inwoner

Verspreiding

Kom langs die kus voor en broei in die somer op sommige van die ghwano-eilande by Renierskraal, Bredasdorp en Strandfontein.