Billfish
Snawelvis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Snawelvis

Wetenskaplike Naam

Istiophoridae

Grootte

Tot 6 m

Identifikasie

Langwerpige liggaam met spiesvormige snoet. Lang, rigiede dorsale vin wat dunner word naby die stert en in ‘n groef kan invou. Verleng om ‘n kam te vorm wat soos ‘n seil lyk. Smal buikvinne.

Algemene Inligting

Istiophoridae bestaan uit 3 genera met 11 spesies. Die volksnaam vewys na ‘n ‘marlyn naald’ wat deur matrose gebruik is. Verskil van swaardvis wat ‘n plat snawel, geen buikvinne en geen kakebeentande het nie.
Die buikvinne van die snawelvis is lank en dun. Dorsale vinne strek soos ‘n seil tot by die stert. Die snawel word gebruik om die prooi te verlam. Een van die vinnigste visse in die oseaan. Jag in die mid-oseaan. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van vis en inkvis.

Verspreiding

Kom voor in aldie gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Gewone Spesies

Swart marlyn - Makaira indica
Blou marlyn - Makaira mazara
Indo-Stille seilvis - Istiophorus platypterus