Geïsoleerde Natuurlike Omgewing
Balule, Groter Kruger

Skakel af en vergeet van die buitewêreld by hierdie rustige wild lodge in die Balule Wildreservaat, waar jy persoonlike diens en ’n intieme atmosfeer kan geniet.

Hoogtepunte

Suites is gebou met ’n glas voorkant; optimaal vir wild- en voëlkyk in die bed
Elke suite het ’n privaat stoep wat omring is met inheemse bome
Die reservaat het diverse plantegroei en wat goeie wildbesigtiging verseker
Besigtigingsdek wat oor die Mohlabetsi rivierbed uitkyk
Geleë binne die 40 000 hektar Balule Privaat Wildreservaat

Jou Ervaring

Hierdie rustige wild lodge in die Balule Wildreservaat se omliggende rivierbos en oop grasvlaktes in die verte lok ’n verskeidenheid wild en voëls. Gaste kan diere aanskou vanuit die gerief van hulle eie suites; gebou met glasmure aan die voorkant. Greenfire Game Lodge verseker gaste van uitstekende wildbesigtiging – vanaf die privaat besigtigingsdek tot by die wildbesigtigingsritte.

Maak die swembad by die hoofarea van die lodge jou basis. Ontspan, sit jou voete in die lug en geniet ’n skemerkelkie terwyl jy die atmosfeer van die bos rondom jou inneem. Net soos die Afrika wild om jou, kan jy die lewe teen jou eie spoed geniet by Greenfire Game Lodge. Wild is nie die enigste attraksie wat vanuit jou bed aanskou kan word nie.

Greenfire Game Lodge se suites is gebou van vloer-tot-dak glasmure. Elke oomblik van die dag kan jy die uitsig waardeer en in die aand is dit perfek vir sterrekyk. Greenfire Game Lodge is geleë binne die 40 000 hektar Balule Privaat Wildreservaat, so wanneer jy uiteindelik besluit om jou bed by hierdie rustige wild lodge in die Balulue Wildreservaat te verlaat, kan jy verseker weet dat ryk wildbesigtigingservarings, in ’n 4x4-wildbesigtigingsvoertuig of op ’n begeleide bos wandeling, op jou wag.