Afvalbestuur op Varkplase

©Glenneis Kriel
Farmers need to regularly remove slurry and manure from production sites.
Terwyl varkmis een van die grootste besoedeling bedreigings op ’n varkplaas is, kan dit ook gebruik word om die winsgewendheid van ’n boerdery te bestuur en dit vir kunsmis, kompos of energie te gebruik. Die eerste ding om op te besluit voordat ’n boerdery begin word, is hoe om van die varkmis ontslae te raak. Op ’n klein plasie waar die varke toegelaat word om buite rond te loop moet die mis gereeld verwyder word om siektes en besoedeling te voorkom. Die mis kan met ’n graaf verwyder word.
Meganiese verwydering by intensiewe produksiestelsels is moeiliker as varke binnenshuis aangehou word. Die meeste van die hokke is dus ontwerp om effens skuins te loop sodat die gemors in ’n opgaarplek of dam kan afloop.

Staatswetgewing

©Glenneis Kriel
Modern sites are designed to ease the removal of slurry.
In die verlede is die boere toegelaat om die mis in ’n gronddam te versamel, maar deesdae moet damme volgens wet uitgevoer word om waterbesoedeling te voorkom. Die damme mag ook nie naby vloedvlaktes of vleilande geleë wees nie en daar mag geen in- of uitvoer pype in stormwater fasiliteite wees nie.

Kunsmis

Volgens Danie Visser se Modern Pig Production boek skei boere gewoonlik die vaste afval van die vloeistof en gebruik dan die vloeistof as kunsmis op sekere gewasse of weiveld. Om ’n oormaat kunsmis en afloop te voorkom word die hoeveelheid volgens die voedingsbehoeftes van die gewas aangepas. Grondmonsters word ook jaarliks geneem om wanbalanse te identifiseer en reg te stel voor dit hand uitruk. Vra ’n grondkundige om advies voordat jy dit aanpak. So word die voedingswaarde van die afval geïdentifiseer en ’n bemestingsprogram ontwikkel.

Kompos

Die vaste afval mag as ’n bron van stikstof in kompos gebruik word. Deur die kompos genoeg hitte te laat opbou word skadelike patogene vernietig. Om ontbinding te versnel moet die komposhoop vogtig gehou word, maar nie nat wees nie. Om te verseker dat daar genoeg suurstof is vir die ontwikkeling van voordelige organismes moet dit gereeld omgewerk of deurlug word. Die tyd wat dit neem voordat die kompos gereed is vir gebruik in ’n tuin sal van die klimaatstoestande, die kompos-bestanddele en die manier waarop die kompos bestuur word afhang. Kompos wat gereed is vir gebruik, sal ’n aardse reuk hê. As dit sleg of vrot ruik is daar iets fout daarmee. (Lees meer oor hoe om jou eie kompos te maak).

Biogas

©Glenneis Kriel
Pig slurry can be used for biogas production.
’n Biogas-verteerder kan gebruik word om die afval in biogas te omskep. Dit kan gebruik word om mee te kook. Die biogas kan omskep word in hitte-energie byvoorbeeld vir water, storte en elektrisiteit wat weer gebruik kan word om elektrisiteitskoste op die plaas te verminder of verkoop kan word aan die nasionale energie netwerk.
Hoë volumes afval word benodig om elektrisiteit te produseer. Boere moet dus die hoeveelheid afval wat hulle varke elke maand van die jaar produseer bereken om te verseker dat daar ’n deurlopende voorsiening regdeur die jaar sal wees. Die kostes word opgedaag as ’n boer besluit om die energie deur die gebruik van batterye op die plaas op te stoor.

Translated by Ananda Schoeman