Vroeë Lewe van die Tsonga

Lewe in 'n Muti

©Dr Peter Magubane

Die geboorte van 'n baba is 'n oomblik van groot blydskap in die Tsonga gemeenskap. Gewoonlik help ouer vroulike familielede of ander vroue die swanger moeders deur die laaste stadiums van hul swangerskap en met die geboorte van die baba.

Pasgebore babas word met medisyne gedokter en met krale armbande versier. Normaalweg borsvoed moeders vir ten minste die eerste twee jaar van hul babas se lewens. Sodra die kinders kan loop word die grootmaak van die kind gedeel tussen die moeder en ouer susters.

©Dr Peter Magubane

Daar word van die kinders verwag om vanaf 'n vroeë ouderdom pligte uit te voer. Dogters help hulle ma’s in hul daaglikse pligte met die insameling van vuurmaakhout en die haal van water van 'n nabygeleë rivier, spruit of kraan en die dra van die water op houers op hulle koppe. Ouer seuns kyk agter die familie se beeste, terwyl die jonger seuns agte die kudde bokke kyk.

In baie dele van die ou Transvaal is die volwasse status ná inisiasie bereik. Seuns en meisies is geïnisieer in afsonderlike groepe en net nadat die voorgeskrewe rituele uitgevoer is was hulle toegelaat om te trou.

Translated by Wilma Koeppen