Turtles
Seeskilpad

© Roger de la Harpe

Algemene familienaam

Seeskilpad

Ander in familie

Green turtle; Hawksbill turtle; Loggerhead turtle; Leatherback turtle; Olive Ridley turtle

Wetenskaplike naam

Chelonioidea

Identifikasie

Green turtle: Die liggaam het vier laterale plate in ‘n ry aan beide kante van ‘n sentrale lyn. Die plate oorvleuel nie. Kort snoet, bek nie gekrom nie. Sonstraalpatroon op die dop. Tot 1,5m.
Karetskilpad: Twee pare skubbe tussen die oë. Langerige, krom bek. Karapaks het getande rande. Gespikkelde ptroon op die bokant. Tot 1m.
Leerskilpad: Leerskilpaaie is die vierde grootste reptiele en is kritiek bedreig. Hulle het nie benerige skildplate om die karapaks te beskerm nie. Hulle doppe is groot, glad en is met ‘n swart vel bedek. Sewe longitudinale riwwe op die oppervlakte. Geen klou aan die swempoot nie. Baie lang, langwerpige swempote. Tot 2,5m.
Loggerhead turtle: Groot, prominente kop. Dop het vyf pare skilde al langs die middellyn. Dop is rooibruin. Twee pare kloue aan swempote. Tot 1,2m.

Algemene Inligting

Die Chelonioidea super familie bestaan uit 5 families waarvan 3 uitgestorwe is. Alle seeskilpaaie asem lug in. Kragtige swemmers. Rus of slaap onder water vir etlike ure. Het ‘n soutklier op die kop om van alle ekstra sout saam met kos ingekry, ontslae te raak. Lewensduur tot 80 jaar. Paar op see, maar lê eiers op land. Tot 200 eiers word op ‘n keer gelê. 1 – 8 keer eiers gelê in ‘n seisoen. Geslag van die klein skilpadjies word bepaal deur die temperatuur van die sand om die nes. Skilpaadjies vind self hulle weg na die see nadat hulle uitgebroei het. Slegs 0,2% oorleef tot volwassenheid.

Voeding

Eet in water tot 50m. Omnivore en vreet ‘n verskeidenheid sponse, weekdiere, skaaldiere, alge, plante en vis. Jellievis is ‘n gunsteling. Plastieksakke word dikwels gevreet onder die indruk dat dit jellievisse is, en die gevolg is dikwels fataal vir die skilpaaie.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde oseane van die wêreld, behalwe die Arktiese Oseaan.

Algemene Spesies

Green turtle - Chelonia mydas
Hawksbill turtle - Eretmochelys imbricata
Leatherback turtle - Dermochelys coriacea
Loggerhead turtle - Caretta caretta