Tassel Pondweed
Rivierkruid

Naam

Rivierkruid

Latynse naam

Ruppia maritima

Habitat

Rivierkruid groei oorvloedig in riviermondings. Omdat dit digte matte onder die water vorm, word dit deur bootmanne verwens weens die skade wat dit aan bootenjins veroorsaak.

Beskrywing

Stingels en blare is smal, grasagtig en verweef. Blomstele kort en reguit. Grootte: 1 m lank, 1 mm breed.

Veld notas

Die rivierkruid is nie 'n mariene plant nie, ten spyte van sy spesies naam, maar dit is eerder 'n varswater plant wat soutwater verdra.

Die plant bestuif gewoonlik self, maar dit kan bestuif word deur stuifmeel wat op die water dryf nadat dit deur die blom vrygestel is.

Die vrugte van die rivierkruid word versprei deur vis- en watervoëls wat daarop voed, maar die plant se risome kan ook uitloop en kolonies vorm.

Verwante spesies

Ruppia cirrhosa: blomsteel opgekrul.
Potamogeton pectinatus: blomme saamgegroepeer op 'n steel.