Striped Skink
Gestreepte Gladde Akkedis

© Tyrone Ping

Naam

Gestreepte Gladde Akkedis (Trachylepsis striata)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Squamata (Skubreptiel)

Familie

Scincidae

Subspesies

Al 4 in die subkontinent. M.s. Striata, M.s. sparsa, M.s. punctatissima en M.s. wahlbergii.

Lengte

Beide geslagte: 60 – 90 mm

Beskrywing

Die mediumgrootte gestreepte gladde akkedis het ’n deurskynende ‘venster’ skub in elke onderste ooglid en eksterne ooropeninge. Die kleur wissel tussen die verskillende subspesies. In die noordelike dele is die mannetjies se koppe gedurende paartyd oranjebruin en die kele geeloranje.

Verspreiding

Oostelike Afrika, suid tot by die voormalige Transkei en noordelike Oos Kaap, langs die Oranjerivier na die Richtersveld en wes deur Zambië na Angola en Suid Namibië.

Voortplanting

’n Werpsel van 3 – 9 kleintjies in die suidelike gebiede gedurende die somer maande. In die noordelike gebiede kan paring die heel jaar plaasvind. Groei is redelik vinnig, seksuele volwassenheid is op 15 – 18 maande oud.

Dieet

Die gestreepte gladde akkedis eet klein insekte (kewers, motte, ens.) en ander klein ongewerweldes.