Soapfish
Seepvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Seepvis

Wetenskaplike naam

Grammistidae

Grootte

Tot 40 cm, gemiddeld 15 cm.

Identifikasie

Stewige, lateraal afgeplatte liggaam. Groot mond met onderste kakebeen wat effens uitsteek. Sterte is gewoonlik rond. Borsvinne is ook gerund. Kleur wissel van helderblou met geel strepe tot swart en wit of silwer en blou.

Algemene Inligting

Die Grammistidae sub-familie bestaan uit 7 genera en 28 spesies. Familie van die groupers. Wanneer hulle bedreig word, skei hulle ‘n giftige liggaamslym af wat ‘n slymerige, seep-agtige skuim in die water veroorsaak. Skuil onder oorhange. Die meeste spesies jag snags. Ook gesien jag saam met groter visse. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein vissies en skaaldiere.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Gouelint-seepvis (Aulacocephalus temminckii)
Sesstreep-seepvis (Grammistes sexlineatus)
Spikkel-seepvis (Pogonoperca punctate)