Snouted Cobra
Wipneus Kobra

© Roger de la Harpe
Snakes should not be handled by anyone other than a trained handler for your own protection.

Naam

Egiptiese kobra [Naja haje] is voorheen ook bekend as die wipneus kobra [naja annulifera].

Bevolkingstatistiek

Klas - Reptilia
Orde - Squamata
Familie - Elapidae
Lengte V - ‘n Gemiddelde lengte van 1.8m, maar het al 2.5m bereik.
Lengte M - Gemidelde lengte van 1.8m, maar het al 2.5m bereik.

Subspesies

Die wipneus kobra [Naja annulifera] is voorheen die Egiptiese kobra genoem, maar die spesies is in twee totale verskillende spesies verdeel. Die wipneus kobra [Naja annulifera] kom voor in Limpopo, Noord-Wes, Noord-Gauteng en die noordelike KwaZulu Natal. Dit word ook aangetref in die suide van Mosambiek, oostelike Botswana en Zimbabwe. Die Egiptiese kobra [Naja haje] kom voor in Marokko, ooswaarts tot by Egipte, suidwaarts tot by Tanzanië, asook weswaarts en in sentraal- Afrika.

Gif

Die gif van die wipneus kobra is ‘n sterk neurotoksiese gif.

Beskrywing

Wipneus kobras kom voor in twee tipiese kleurwyses: die gewone fase: lig tot donkerbruin/geel met eenvormige kleur, asook geband.

Dieet

Die dieet van wipneus kobras bestaan uit ‘n groot variasie van klein soogdiere, voëls, paddas, akkedisse – veral likkewane, en ander slange, insluitend giftige spesies soos die Mosambiekse spoegkobra en pofadders.

Verspreiding

Die wipneus kobra [Naja annulifera] kom voor in Limpopo, Noordwes, Noord-Gauteng en Noord-KwaZulu-Natal. Dit word ook aangetref is suidelike Mosambiek, oostelike Botswana en Zimbabwe.

Veldaantekeninge

Die wipneus kobra is ‘n groot slang wat aangetref word in droë savannestreke en beboste gebiede waar hulle dikwels skuil in bome and langs rivierbeddings. Hulle spoeg of sprei nie hul gif nie. Wanneer hulle bedreig word, sal hulle hul man staan deur eers‘n indrukwekkende bakkop te maak, en daarna aanval en pik.