Seahorse
Seeperdjie

© Johan Boshoff

Algemene Familienaam

Seeperdjie

Wetenskaplike Naam

Hippocampinae

Grootte

Tot 18 cm, gemiddeld 8 cm

Identifikasie

Liggaam is heeltemal bedek met beenplate. Die buikrant is skerp. Lang snoet en langstert word gebruik om mee vas te hou. Rugvin is laag agter op die rug en is die primêre vorm van aandrywing. Kleur varieer van swart tot heldergeel en soms pienk kolle of groen. Dwerg seeperdjies word tot 5 cm.

Algemene Inligting

Die hippocampinae familie sluit pypvisse in. Word aangetref op seegras of op seewaaiers op die rande van riwwe. Kamoeflering is uitstekend. Kan kleur verander onder abnormale omstandighede of wannneer gesteur. Swem met neuse in ‘n afwaartse posisie. Die mannetjie dra die bevrugte eiers in ‘n spesiale buidel of broeisak op die maag of in sommige gevalle op die stert.

Voeding

Leef van klein planktoniese skaaldiere en vislarwes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en subtropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Geel seeperdjie
Hippocampus kuda
Stekel-seeperdjie
Hippocampus histrix
Tigertail seahorse
Hippocampus comes