Robbeneiland se Fauna en Flora

Natuur Onderbreek

©Roger de la Harpe
Die eiland is vreeslik warm in die somer en ysig koud in die winter. Voor die koms van mense op die eiland, het die inheemse plantegroei hoofsaaklik uit gras en ’n paar lae struike bestaan.

Al die bome wat vandag gesien kan word is in die laaste 500 jaar deur mense geplant om die eiland meer huislik te laat voel.

Een van die redes vir hierdie gebrekkige plantegroei is dat die eiland nog nooit ’n goeie watervoorsiening stelsel gehad het nie. Daar is geen riviere of strome nie, net ’n paar poele brakwater.

Die inwoners het altyd watertekorte gehad en by die huise was daar gewoonlik groot vate wat die reënwater kon opvang. In die 20ste eeu is daar ’n ontsoutingsaanleg geïnstalleer om die watervoorsiening te verbeter, maar dit is nog steeds ’n dorstige plek vir wesens wat nie van seewater kan leef nie.

Daar is ’n gevoel dat Robbeneiland ongetemd bly. Die inwoners het probeer om dit beskaafd te maak deur palmbome (nou krom van die wind) en kleurvolle bougainvilleas in die stowwerige tuine te plant.

Die eiland lyk nog steeds soos ’n ongerepte veld en dit is alles deel van die ruwe skoonheid.

Oorvloedige Natuurlewe

©Roger de la Harpe
Die inheemse fauna het oorspronklik hoofsaaklik uit akwatiese diere soos robbe, seevoëls en pikkewyne bestaan. Molslange is ook inheems aan die eiland. Al die ander diere wat deesdae op die eiland is, is deur die inwoners hervestig. Tans sluit dit sowat 15 springbokke, 100 steenbokke, 200 takbokke, ’n paar bontebokke, ’n eland en ’n klompie volstruise in. Daar is ook baie rotte, konyne en wildekatte.

Die eiland het ’n oorvloedige natuurlewe. Konyne spring tussen struike deur en bokke loop orals onbelemmerd en wei. Selfs as jy hulle nie sien nie, is daar bewyse van die wildlewe. Drolletjies lê orals op die rugbyveld en pikkewyn-ghwano vlek die paaie wat ’n informele “pikkewyn oorgang” skep. Die voëllewe is ook oorvloedig en daar is ongeveer 74 voëlsoorte wat langs die onbewoonde kuslyn floreer, insluitend kormorante, seemeeue en kiewiete.

Die mees opmerklikste is egter die pikkewyne. Hulle dwaal al langs die strand, naby die hawe en net waar hulle wil. Een inwoner wat al meer as 20 jaar op die eiland bly sê dat die pikkewyne in die ou dae minder ouderwets was, want hulle sou maklik in ’n honger bewaarder se pot beland het. Nou neem hulle die eiland oor en daar word beraam dat daar sowat 13 000 van hulle hier is.

Translated by Ananda Schoeman