Pluimvee Klimaatkontrole - Temperatuur

© Glenneis Kriel

Klimaatstoestande kan ’n impak op die pluimvee se welstand en gesondheid hê, veral wanneer die hoenders in behuising aangehou word. Dit behels die bestuur van temperature, humiditeit en lugvloei of ventilasie.

Temperature

Aanbevole behuisingstemperatuur vir hoenders sal van een ras na die ander verskil, sekere rasse, soos hoenders met kaal nekke, kan warmer temperature weerstaan.​ Kaalnekuikens, aan die ander kant, is meer kwesbaar vir koue klimaatstoestande, dit is dus sinvol om 'n ras wat geskik is vir die klimaatstoestande in jou produksieomgewing te produseer, veral as die hoenders buite gehou word.

Die ideale temperature om hoenders in aan te hou, sal afhang van die humiditeitsvlak, kommersiële lêhenne moet egter aangehou word teen temperature wat wissel van 20°C tot 24°C. Met elke 1°C onder daardie telling, eet die hoenders meer kos om warm te bly, eierkwaliteit, produksie en verbruik word negatief beïnvloed as temperature bo dit styg.

Aanbevole behuisingstemperatuur vir kommersiële braaikuikens is hoogs afhangend. As ’n reël benodig dag-oue kuikens ’n temperatuur van 34°C om te floreer. Daarna kan die temperatuur elke dag met 0,3°C verminder word, totdat die temperatuur in die vierde week 20°C bereik.

Termometers moet knie-hoogte van die grond af geplaas word sodat die temperatuur op verskillende plekke in die pluimveehuis gemeet en gemonitor kan word, boere moet ook die hoenders dophou om te sien of hulle gemaklik is. Hoenders wat koud is, sal op een plek bymekaar kom om warm te word, terwyl hoenders wat te warm kry, wyd sal versprei en weg van die hittebron af sal beweeg. Hoenders wat te warm kry, sal ook vinnig asemhaal en na hul asem snak.

Wanneer dit Koud is

Verskeie vorms van verhitting kan gebruik word om temperature te verhoog, van elektrisiteit tot gas, sonkrag en houtverbranding. Hierdie sisteme kan ook outomaties of met die hand gehandhaaf word. Oorweeg die koste en beskikbaarheid van hulpbronne wanneer jy ’n besluit maak.

As die produksiearea baie koud raak, is dit miskien ’n goeie idee om eerder met lêhenne wat ouer is en daarom beter koel temperature kan weerstaan, ​​teenoor dag-oue braaikuikens, te boer. Óf beplan jou produksieproses só dat jy nie hoenders gedurende die koeler tye op die eiendom het nie.

Indien oop geboue gebruik word, kan vensters gesluit word en gordyne gehang word om die gebou warm te hou.

Ventilasie moet gebruik word om hitte regdeur die behuising eweredig te versprei. Swak hitteverspreiding kan veroorsaak dat sommige hoenders vinniger groei as ander en dit beïnvloed eenvormheid negatief.

Die produksiegebied kan verminder word deur die produksiegebied met 'n gordyn te halveer wanneer die voëls klein is.

Geboue moet geïsoleer en verseël word om verkoue te voorkom.

Hitte-spanning Beïnvloed die Hoender se Metaboliese Prosesse

©Glenneis Kriel

Farmer’s Weekly gee die volgende wenke om hitte-spanning aan te spreek:

Ventilasie moet verhoog word om warm lug weg van die kuikens te beweeg. Dit kan gedoen word deur gordyne oop te maak in oop huise of deur waaier-geassisteerde ventilasie te gebruik.
As die voëls vrylopend is, moet hulle toegang tot skaduwee hê.
Voëls moet toegang hê tot genoeg koel water. Hulle sal nie die water drink as dit warm is nie.
Voer kan tydens piek-warm periodes verwyder word en tydens koeler tye verskaf word.
Pellets en krummels moet aan voëls gegee word in plaas van stowwerige mos om energieverspilling te verminder.
Voer moet aangevul word met minerale en vitamiene om verliese deur dehidrasie en vinnige asemhaling, te vervang.
Hantering van die hoenders moet ook gedurende die middel van die dag, wanneer die temperature die hoogste is, beperk word.
Digtheid kan verminder word.

Translated by Nina Joubert