Peulgewasse as Weidingsgewasse

© Pannar Saad

Peulgewasse is plante met penwortels wat sade in peule produseer en saamgestelde blare het wat bestaan ​​uit kleiner blaartjies, byvoorbeeld ertjies en klawer. Peulgewasse word algemeen gebruik as 'n weidingsgewas. Dit kan gesaai word op sy eie en gebruik word vir weiding, gesny word vir hooi of geoes word wanneer dit te groen is om gebruik te word vir kuilvoer of kuilvoer wat half gedroog is. 

Peulgewasse as weidingsgewasse verhoog die smaaklikheid en proteïeninhoud van vee voer. Dikwels is peulgewasse gemeng met grasse om 'n gemengde weiding te produseer wat hoër is in proteïene en smaakliker is as grasse op hulle eie.

Enige saad maatskappy sal in staat wees om te adviseer oor die beste peulplante en peulplant-gras kombinasies om te groei in jou area en op jou grond tipe. Vra vir leiding.

Voordele Van Peulgewasse as Weiding

©Roger Griffith

Wanneer peulgewasweidings gebruik word as voergewasse  produseer dit meer verteerbare proteïene vir diere as grasse op hulle eie. Peulplante het 'n bykomende voordeel dat dit stikstof in die atmosfeer kan omskep in plant-oplosbare stikstof vir die grond deur 'n proses genaamd "Stikstof vasstelling. Dit verminder die behoefte om die weiding met stikstof te bemes en het voordele vir metgesel weidingsplante.

'Stikstof-bevestiging' is die gevolg van 'n simbiotiese verhouding met grond bakterieë genoem Rhizobium wat klein knoppe vorm op die peulplante se wortels. Dit word aanbeveel dat peulplant sade geënt moet word met die geskikte stamme van Rhizobium bakterieë om nodule vorming te verseker ,voor aanplanting plaasvind.

Ander voordele van die plant van peulgewasse as weivelde is:

Peulgewasweidings is 'n hoë-gehalte bron van dierevoer en hoog in proteïen. Jong, groeiende diere het 'n hoë proteïen vereiste wat aan hulle gegee kan word  deur die insluiting van peulplante wat met die voer gemeng word.

Peulgewasweidings is lekker, en met 'n hoë verteerbaarheid verhoog dit ook die kalsium-inhoud in die oes.

Lusern is  belangrike voer vir lakterende suiweldiere, alhoewel melkboere wat besproei klawer-gras  kan verkies.
 

©Ivar Leidus

Peulgewasse in die voer mengsel van lakterende diere verhoog die vitamien A en E en kalsium inname van die dier en kan die vetinhoud in melk en algehele melk kwaliteit in vergelyking met net gras etende diere verhoog.

Baie skaapboere gebruik stikstofbindende peulgewasse soos lusern en klawer  in hul weivelde om die groei en wolgehalte te verbeter. In Angorabokke, kan 'n te hoë proteïenvlak lei tot 'n sterk 'of dik hare vesel wat kan lei tot laer pryse vir die vesels. Studies het getoon daar is verbeterde bevrugting en groeikoerse van vleisbeeste wanneer peulgewasse gebruik word.

Die opbrengs van weiding verhoog wanneer peulgewasse bygevoeg word in die weiding mengsel. In 'n studie het rooi klawer gekombineer met langswenkgras hoër opbrengste geproduseer (10T / ha) as wat  langswenkgras wat bemes is met tot 165 kg stikstof / ha (9 t/ha) gedoen het. Nog 'n studie het getoon dat die gebruik van lusern en rooi klawer 'n aanvaarbare alternatief is vir die bemesting van weiding. 

Die gebruik van peulplante in 'n mengsel met grasse skep biodiverse voer. Dit verbeter ook die biodiversiteit van die plaas, grondtekstuur, kan voordelige insekte lok en verbeter die opname van voedingstowwe uit die grond.

Let wel: Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie beskou word as die plant, voeding of voedingswaarde advies nie. Vir meer inligting oor die voeding van jou diere of plant weivelde kontak jou dieregesondheidstegnikus of saadverskaffer.

Translated by Wilma Koeppen