Moray Eels
Bontpaling

© Johan Boshoff

Algemene Familienaam

Bontpaling

Ander in Familie

Leopard, Green, Starry, Black cheek, Guinea fowl, Black blotched, Golden, Zebra

Wetenskaplike Naam

Muraenidae

Grootte

Tot 4 m

Identifikasie

Liggaam lateral afgeplat. Baie gespierd. Groot mond met skerp tande wat na agter front. Geen skubbe. Geen borsvinne. Rugvin begin agter die kop en loop aaneen deur die stertvin totdat dit by die anale vin eindig. Kleur varieer baie van wit tot swart, dikwels met kolle.

Algemene Inligting

Die Muraenidae familie bestaan uit 15 genera en 200 spesies. Word gewoonlik aangetref in rotsskeure of onder rotslyste. Jag meestal snags. Baie goeie reuksin. Hulle het keelholte kakebene, ‘n tweede stel kakebene in die keel geleë, wat help om die prooi vas te hou en dit in die keel af te voer. Sommige spesies skei giftige slym af deur die vel. Botpalingbyte kan gou infeksie veroorsaak weens die bakterieë op hu tande. Pelagiese broeiers.

Voeding

Leef van krappe, garnale, vis en seekat.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Giant moray eel
Gymnothorax javanicus
Honeycomb moray eel
Gymnothorax favagineus
Geometric moray eel
Sidereal grisea