Lizardfish
Akkedisvis

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Akkedisvis

Alias

Grinners, Allies

Wetenskaplike Naam

Synodontidae

Grootte

Tot 60 cm, gemiddeld 20 cm.

Identifikasie

Sigaarvormige, langwerpige liggaam met driehoekige kop. Skerp tande in beide kakebene. Rugvin in die middel van die rug. Kiefdeksels is groter as die kop. Rooi, swart, bruin en ligter vlekke oor die hele liggam.

Algemene Inligting

Die Synodontidae-familie bestaan uit 5 genera en 55 spesies. Hulle lyk soos akkedisse en word op die bodem, vekieslik sanderige bodems, gevind. Kruip soms onder die sand weg om prooi te uitoorlê en beweeg dan baie vinnig om prooi te vang. Pelagiese (oop see) kuitskieters.

Voeding

Eet klein vissies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Blacktail lizardfish - Synodus jaculum
Sand lizardfish - Synodus dermatogenys
Variegated lizardfish - Synodus variegatus