Paradys Langs die Rivier
Kruger Nasionale Park

Vir die romantikus wat ’n intieme en stylvolle bos safari soek is Lion Sands Narina Lodge ’n droom wat waar word.

Hoogtepunte

Stylvolle privaat safari verblyf wat uitkyk op die Sabie rivier
Privaat konsessie met die grootste aantal Swartrenosters
Wildritte, stap-safari’s en kulturele toere

Jou Ervaring

Lion Sands Narina Lodge is in die hart van die Kruger Nasionale Park se beste wildbesigtigings gebiede geleë en dit is ’n genot vir al jou sintuie om hier te kom rus.

Die hoof verblyfplek word deur hout paadjies met 9 luukse suites verbind en met die skouspelagtige uitsig op die Sabie rivier onder kry gaste die gevoel van ’n stylvolle boomhuis. Die Lion Sands Narina Lodge is geleë in wat beskou word as ’n hoërisiko-malariagebied en gaste word aangeraai om die maksimum voorsorgmaatreëls te tref.

Kinderbeleid:Kinders ouer as 10 jaar oud is welkom.