Knifejaw
Kraaibek

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Kraaibek

Alias

Beakfish

Wetenskaplike Naam

Oplegnathidae

Grootte

Tot 90 cm, gemiddeld 50 cm.

Identifikasie

Papegaai-agtige bek van volwassenes die mees onderskeidende kenmerk. Gevorm deur vergroeide tande. Baie lae rugvin. Anale- en tweede rugvin veroorsaak ‘n vierkantige liggaamsvorm. Kleur van silwer met swart tot donkergrys met wit merke.

Algemene Inligting

Die Oplegnathidae familie bestaan uit 1 genus en 6 spesies. Klein skubbe oraloor die liggaam. Sku spesies wat onder die lyste hou in die dag. Jag snags vir kos. Jonges se kleur verskil van volwassenes. Stel eiers vry op gruis waar mannetjies dit bevrug.

Voeding

Leef van eendmossels, weekdiere, seepampoentjies, sponse en rooi-aas.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Banded knifejaw - Oplegnathus fasciatus
Cape knifejaw - Oplegnathus conwayi
Spotted knifejaw - Oplegnathus punctatus