Inkomste, Uitgawes en Winsgewendheid van ‘n Plaas

© Marinda Louw

Wanneer ‘n boerdery begin word, of selfs as daar alreeds geboer word, moet ‘n boer die onkoste verbonde aan en finansiële implikasies van boerdery verstaan. Die idee agter boerdery is na alles om ‘n wins te maak.

Die belangrikste konsepte om in gedagte te hou is bruto inkomste, produksiekoste, bruto winsmarge, netto inkomste en heel-plaas inkomste.

Bruto Inkomste van ‘n Plaas

©Marinda Louw
Bruto inkomste is die waarde van ‘n plaas se inkomste. Dit word bereken deur die fisiese uitsette (bv. hoeveel ton mielies geproduseer is) te vermenigvuldig met die prys van die produk (R/ton). Bruto inkomste vir ‘n jaar is die som van al die gewasse of lewendehawe wat in elke seisoen van die geproduseer is.

Produksiekoste

Sommige uitgawes wat ‘n invloed op die boer se inkomste het, kan beheer word, maar ander nie. Boere kan byvoorbeeld nie altyd die prys wat hulle ontvang vir hul produkte beheer nie, so die beste opsie is om die produksiekoste te verlaag. Produksiekoste vir boerdery kan geklassifiseer word onder veranderlike koste en onveranderlike koste.

Veranderlike koste
Verandelike koste is korttermynuitgawes soos saad, brandstof en smeermiddels, kunsmis, huurarbeid (lone), elektrisiteit, water vir besproeiing, plaag en insekdoders en verpakkingsmateriaal.

Onveranderlike koste
Onveranderlike uitgawes bly dieselfde ongeag die grootte van die boerdery. Voorbeelde van vaste uitgawes is kapitaalkoste vir die aankoop van plaasmasjinerie (bv. ‘n trekker), permanente arbeid (lone) en huur van grond. Vanuit ‘n bestuursoogpunt plaas hoë vaste uitgawes gewoonlik druk op die winsgewendheid van ‘n plaas en behoort versigtig bestuur te word. ‘n Verlaging in vaste uitgawes sonder dat produksie geaffekteer word sou wins kon verhoog.

Bruto Winsmarge

‘n Eenvoudige manier om plaasprestasie te analiseer, is om die bruto winsmarge te bepaal. Die gross margin word bereken deur eenvoudig veranderlike uitgawes (saad, voer, brandstof ens.) af te trek van die bruto inkomste. Indien ‘n hoër bruto inkomste uit ‘n spesifieke gewas verdien is in vergelyking met ‘n ander (bv. mielies teenoor sonneblom), kan daar meer van daardie gewas aangeplant word.

Ondernemingswins

©Marinda Louw
Die ondernemingswins van ‘n plaas/boerdey is die netto inkomste van die plaas/boerdery – dit beteken die inkomste nadat aftrekking in berekening gebring is.

In die berekening van die ondernemingswins word vaste sowel as veranderlike uitgawes (dus die totale produksieuitgawes) in berekening gebring.

Heel-plaas Inkomste

©Marinda Louw
Die netto inkomste van jou plaas kan op twee maniere bereken word:
Eerstens, deur die bruto winsmarge van elke onderneming (bv. die bruto winsmarge vir mielies en die bruto winsmarge vir sonneblomme) bymekaar te tel en dan die vaste uitgawes af te trek.

Alternatiewelik, deur die ondernemingswins van elke plaasonderneming te skat en bymekaar te tel. Die finale inkomste verteenwoordig die wins van die hele plaas.

Heel-plaas inkomste meet die ekonomiese sterkte van die besigheid en dui aan hoeveel geld beskikbaar is om familie-uitgawes te dek, belasting te betaal en in die te plaas te herinvesteer, soos om nog grond te koop of te huur.

Translated by Elna Van Rhyn