Honey Badger
Ratel

© Karl Svendsen

Naam

Ratel [Mellivora capensis]

Voorkoms

Ratels staan ongeveer 250 mm hoog by die skouers en weeg 12 kg. Hul pels het 'n breë rand van grys hare wat van bokant die oë na die basis van hul stert loop, wat skerp kontrasteer met hul swart borskant. Hulle het 'n laaghangende lyf, met klein oortjies en stewige bene met groot kloue.

Laasgenoemde is 'n aanpassing vir grawe in die grond, maar is ook formidabele wapens. Die ratel is hoofsaaklik landlewend, maar kan ook goed klim. Hy beweeg met 'n drafstap, het ongelooflike stamina en jaag sy prooi totdat die prooi moeg is.

Dieet

Die ratel is n karnivoor wat voed op 'n verskeidenheid klein diertjies, skerpioene en muise. Hulle vreet ook groter diere soos springhase en slange. Hulle kan ook die kleintjies van ander vleiseters doodmaak. Die hoeveelheid heuning wat hulle eet, is onbekend. Hulle word na bewering gelei na byekorwe deur die heuningvoëltjie. Laasgenoemde is veronderstel om deur die ratel beloon te word deur stukkies heuningkoek te kry.

Voortplanting

Die ratel paar die heel jaar deur, met wyfies wat vermoedelik twee welpies per werpsel het. Navorsing in die suidelike Kalahari het getoon dat welpies vir minstens 14 maande by hul ma's bly voordat hulle onafhanklik word. Dit is in teenstelling met die Eurasiese Ratel wat op 3 maande onafhanklik kan word.

Gedrag

James Stevenson-Hamilton, die eerste wildbewaarder in die Nasionale Krugerwildtuin, het twee voorvalle in die park aangeteken waarin 'n ratel met een geleentheid 'n wildebees en 'n ander geleentheid ‘n waterbok aangeval het deur die skrotum aan te val. As gevolg van die toegediende wonde het albei diere gesterf. Daar is geen twyfel dat hierdie dier 'n formidabele en dapper vegter is nie.

Ratels is alleenlopers en hulle gedrag om kos te vind word gekenmerk deur 'n stadige kronkelende drafstappie terwyl hulle aanhoudend ruik vir knaagdiere en loer in reptielgaatjies. In die suidelike Kalahari verander ratels van nagdiere in die somer na dagdiere in die winter. In gebiede waar ratels deur menslike aktiwiteite geraak word, is hulle egter gewoonlik nagdiere.

Habitat

Ratels het 'n wye habitat toleransie en word gevind in 'n wye verskeidenheid omgewings, behalwe vir uiterste woestyne en gebiede wat meer as 2000 mm reën per jaar ontvang.

Waar Hulle Voorkom

Wyd versprei dwarsdeur Suid-Afrika, maar afwesig van die noordwes-kusgebiede.

Roofdiere

Volwassenes word dikwels deur luiperds en leeus gevang. Hulle swart en wit kleur is vermoedelik 'n waarskuwing aan ander roofdiere van hul krag en volharding.

Interessante Feite

Ratels het 'n mate van immuniteit teen slanggif. 'n Ratel wat in die gesig gebyt is deur die hoogs giftige pofadder het tekens van ernstige pyn getoon, maar het binne vyf uur heeltemal herstel. Hierdie immuniteit kon oor die lewensduur van die ratel ontwikkel het as gevolg van gereelde kontak met klein hoeveelhede gif in slange, skerpioene en bye.

Jong welpies word deur hul moeders verhoed om giftige slange te vang totdat hulle die nodige vaardighede en koördinasie het. Hoewel ratels ook 'n mate van immuniteit teen bysteke het, is hulle al dood in kommersiële byekorwe gevind.

Vind meer inligting oor die Ratel.