Hoe om Groeitempo vir Vis te Bepaal

©Henk Stander
Die groeitempo van die vis in varswater boerderysisteme (akwakutuur) moet regdeur die seisoen gemonitor word. Enige verandering in die verwagte groeitempo kan ‘n aanduiding wees van voedingsprobleme, swak waterkwaliteit of siektes.
Inmenging deur mense of diere kan ook stres en gevolglike stadige groei veroorsaak, verduidelik Henk Stander, hoof tegniese bestuurder van Aquaculture: Department of Animal Sciences, Stellenbosch University.
Groeitempo kan gemeet word deur toetsmonsters. Visse word verwyder uit die dam (of tenk) om hulle groei en gesondheidstatus te bepaal. Daarna word die vis weer teruggesit in die water.
Toetsmonsters om die goeitempo te bepaal is ook die ideale geleentheid om die algehele toestand van die vis te bepaal. Jy kan oplet na wonde, kolle, kleurveranderinge, stukkende vinne en blindheid.
Moenie oorreageer nie. Bepaal eers die mate van abnormaliteit en skakel dan met tegniese personeel vir bystand. Meld enige van hierdie toestande aan om onmiddellike reaksie te verseker.
Die prosedure vir ‘n steekproef om groeitempo te toets word hieronder verduidelik:

Wat word Benodig om Groeitempo te Toets?

Skryfblok
Skaal (0 – 100 kg)
Swart vullisdromme (50 – 80 liter)
Veilgheids-visnette om ontsnapping te voorkom
Skepnet
Die bystand van ten minste twee helpers

Hoe om Groeitempo te Meet

Hou op om visse te voer vir 24 uur voor die toetsing.
Toets een hok visse op ‘n slag. Jaag die visse bymekaar deur geleidelik die net vlakker te maak tot op ‘n diepte van 1 – 2 m.
Verdeel dan die hok deur ‘n tou onderderur die hok te trek sodat die meeste visse vasgevang word aan die kant waar die toetsing gaan plaasvind. Moenie kos in die water gooi om visse te lok nie. Dit sal lei tot onakkurate data want slegs die grootste en sterkste visse sal by die kos uitkom.
Plaas die skaal en drom op ‘n veiligheidsnet om te voorkom dat visse wat uit die net of drom spring in die dam val. Vul die drom met water en plaas op die skaal. Stel die skaal op nul.
Skep vis in die drom teen gewigte van 10 kg vir vis wat 150 - 500 g elk weeg en 20 kg vir vis wat 500 – 1000 g weeg.
Teken die gewig van die vis in ‘n tabel aan. (Sien tabel 1).
Laat die vis vry in die hok/tenk en tel hulle versigtig. Laat beide helpers wat die drom hanteer tel en bevestig agterna. Indien getalle nie ooreenstem nie, ignoreer die monster en herhaal.
Dis baie belangrik om die gewig van die visse korrek aan te teken en om die visse korrek te tel sodat ‘n betroubare gemiddelde gewig verkry kan word. Herhaal die monsterprosedure met ander hokke/tenks totdat ongeveer 5% van die vispopulasie geweeg is.
Hanteer altyd visse baie versigtig. Visse stres elke sekonde wat hulle uit die water is. Voltooi die monsterprosedure so vinnig as moontlik en laat sak weer die nette tot op die oorspronklike diepte sodat die visse vryelik kan swem in die hokke.

Berekening van Gemiddelde Visgewig en Biomassa

Die totale biomassa is die totsle gewig van al die vis in ‘n hok of tenk. Bereken ‘n gemiddelde gewig vir die hok vis deur die volgende te doen:
Tel die gewigte van al die monsters bymekaar om ‘n totale gewig te kry. Deel dan die totale gewig deur die totale aantal vis wat getel is.
Volgens die tabel hierbo, is die gemiddelde gewig van ‘n vis 4483 g = 50.73 kg ÷ 105.
(50.73 kg = 50 730 g).
Bereken totale biomassa deur die gemiddelde gewig van die vis te vermenigvuldig met die aantal vis in die hok. Voorbeeld: 483 g x 3 390 visse in die hok = 1 637 kg ( 0,443 kg x 390 = 1 637 kg).

Bereken die Voeromsettingsratio

Die voeromsettingsratio/feed conversion ratio (FCR) is die aantal eenhede voedsel wat ‘n dier nodig het om een eenheid produk te lewer, m.a.w. die kg voedsel nodig om 1 kg vleis te produseer. FCR is ‘n belangrike maatstaf waardeur die ekonomiese prestasie van ‘n dier beoordeel word. Die berekening van die FCR help die visboer om sy voedingsprogram te beoordeel en om te sien hoe sy visse gewig optel.
Evalueer voedselomsettingsratios op ‘n maandelikse basis.
Bereken die FCR deur die gewigstoename van visbiomassa sedert die laaste monster te deel deur die voedselverbruik in daardie periode. Byvoorbeeld, as die laaste gewigsmonster geneem is op 31 Maart en die huidige gewigsmonster word geneem op 30 April, was die voedingsperiode 29 dae en 350 kg voedsel is gebruik.
Gewigstoename:
Biomassa op 31 Maart was 1 330 kg 3 en op 30 April was dit 1 637 kg, dus was gewigstoename 307 kg (1 637 kg – 1 330 kg = 307 kg) Sien tabel hierbo.

FCR:
Om die FCR te bereken, verdeel die gewig van die voer deur die gewigstoename.
350 kg voer – 307 kg vis = 1,14
Dit beteken dat 1,14 kg voer nodig was om 1 kg visgewig aan te sit.
Dus is die FCR 1:1,14

Die FCR van varieer en hang af van die visspesies, soosrt voer, waterkwaliteit en natuurlike kos beskikbaar. Boonop is FCR baie beter vir jonger vis as vir groter vis van dieselfde spesies in dieselfde omgewing.
Onthou: hoe laer die FCR, hoe beter word die kos deur jou vis benut.
Byvoorbeeld, ‘n FCR van 1:1,2 is goed en ‘n FCR van 1:2,5 is swak.

Vergelyk resultate met die voorgestelde groeikurwe volgens die voedingsprogram. Stel ondersoek in en pas bestuur aan as die werklike groei meer as 5% laer is as die verwagte groeitempo.

Translated by Elna Van Rhyn