Giant Plated Lizard

© Tyrone Ping

Naam

Reuse-pantserakkedis [Gerrhosaurus validus]

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia
Orde: Squamata
Familie: Gerrhosauridae
Lengte_V: 200 – 250 mm
Lengte_M: 200 – 250 mm

Subspesies

Gerrhosaurus validus maltzahni en Gerrhosaurus validus validus

Beskrywing

Die reuse-pantserakkedis is ‘n groot akkedis met ‘n afgeplatte kop en liggaam. By volwassenes is die rug donkerbruin tot swart. Die keel is vuilwit en die pens ligbruin. Jonges is swart, met ‘n duidelike reeks geel kolle op die rug en stroke langs die sye.

Verspreiding

Die reuse-pantserakkedis kom voor in die noordelike streke van die Suidelike Halfrond.

Voortplanting

In die midsomer lê wyfies 2 – 5 groot, ovaalvormige eiers in rotssplete wat vol grond is.

Dieet

Hulle vreet blomme, blare, vye en ander sagte vrugte, maar sal ook klein akkedisse en selfs klein skilpadjies vreet.