Faktore wat Temperature Beïnvloed

'n Area se temperatuur word beïnvloed deur faktore soos: die hoogte bo see-vlak (seespieël), die nabyheid van die see en die posisie van die ewenaar. 

Hoogte bo Seespieël en Temperature

©Peter Delaney

In Suid-Afrika word die laagste temperature gewoonlik in die hoogliggende areas en berge gevind, maar dit kan deur ander faktore beïnvloed word.

Wanneer al die ander faktore gelyk is verlaag die lug temperature hoe hoër mens bo see-vlak gaan d.w.s die temperature daal hoe hoër jy gaan.

ʼn Gemiddeld van -6.5ºC per 1 000 m styging in hoogte word dikwels beskou as standaard. Waardes wat styg in hoogte bo seespieël wissel van so laag as -4.6ºC tot so hoog as 9ºC per 1000 m en is al opgeskryf in verskillende plekke in die wêreld.

Seestrome en Temperature

Deur ʼn vergelyking te tref tussen die gemiddelde lug temperature langs die oos en wes kus van Suid-Afrika, sal jy die effek van die seestrome op die lug temperature sien. Die gemiddelde lug temperature vir Durban op die ooskus is 21ºC terwyl die temperature op Port Nolloth op die weskus 4.2ºC is. Beide plekke lê ongeveer op dieselfde breedtegraad. Die ooskus word beïnvloed deur die warm Mosambiek stroom, 'n sytak van die Agulhas-stroom, terwyl die koue Benguela stroom die temperatuur langs die weskus van Suid-Afrika laat afneem.

Helling en Temperature

Die helling aspek het ʼn groot impak op die daaglikse gemiddelde temperature, veral in die areas met lae berge en steil golwende heuwels. Hellings wat na die noordelike rigting kyk in Suid-Afrika het hoër temperature as hellings wat in die suidelike rigting kyk. 

Temperatuur en Wolkbedekking

In tropiese areas affekteer wolkbedekking lang termyn seisoen temperatuur tendense. Reënval tree op as ʼn mede-afhanklike faktor. Die algemene tendens is dat die hoogste gemiddelde temperatuur in ʼn area plaasvind voor die somer reënseisoen begin. Sulke areas het ʼn koel droë winter, ʼn warm droë lente en ʼn warm nat somer.

In die tropiese area van noord Limpopo het die hoë temperature en droë lug in September en vroeg Oktober, ʼn negatiewe effek op die groei van tee in die omgewing. Dit is ʼn belangrike faktor om in ag te neem wanneer ander gewasse onder besproeiing groei in die area. 

Temperature en Wind

In Suid-Afrika het wind ʼn drastiese effek op lug temperature. Die belangrikste hiervan is die skroeiende warm, uitermate droë "bergwinde" wat in die somer van die warm, droë binnelandse plato langs die platorand tot by die kus blaas. Weskus areas soos die Olifantsriviervallei, Vredendal en die Oos-Kaap se kus areas word waarskynlik die ergste getref deur hierdie bergwinde. Die besproeiings areas in die rivier vallei van die Oos-Kaap word ook erg beïnvloed deur hierdie sterk bergwinde. 

Gedurende die winter maande word die sentrale binneland, veral die Vrystaat, gereeld van tyd tot tyd getref deur bytende koue winde. Hierdie ysige winde kom van die suid-tot-suid-oostelike kant wanneer dit op die berge van die Oos-Kaap en Lesotho gesneeu het. 

Translated by Wilma Koeppen