Dr Peter Magubane en Alleenopsluiting

© David Meyer-Gollan

Die Brutale Vuis van Sensorskap

’n Doodnormale dag in Junie 1969 was vir die nuusman dr. Peter Magubane lewensveranderend. Die brutale vuis van sensorskap het hard geslaan. Dit is nie die eerste keer dat hy deur die polisie aangeval was nie, maar hierdie keer is hy na die Pretoria Sentrale Tronk weggesleep. Daar is hy deur die polisie ondervra. Hulle forseer hom om hulle te vertel of hy ‘deur die kommuniste gestuur is om Suid-Afrika in ’n slegte lig te sit’. Hulle het hom forseer om vir vyf dae en vyf nagte op onstabiele bakstene te staan, en Peter het die vyfde dag ineengestort.

Hy is tot Oktober 1969 in alleenopsluiting gehou, waarna hy onder die Onderdrukking van Kommunisne Wet aangespreek is. Die aanklagte hou net aan. In Februarie 1970, nadat hy van die aanklagte vrygespreek is, is hy in die hof herarresteer. Hulle het hom verder in alleenopsluiting aangehou. In Augustus 1970 is hy weer aangekla, onder die Terroriste Wet, en nóg ’n keer in Maart 1971, onder die Sesde Afdeling van die Terroriste Wet – en dit laat hulle toe om hom onbepaald aan te hou.
Uiteindelik is hy in 1971 vrygelaat. Peter het in totaal 586 dae in alleenopsluiting spandeer.

Moenie Vergeet nie, Maar Vergewe

Hy was forseer om by die Rand Daily Mail te bedank en in 1972, terwyl hy nog steeds onder ’n vyf-jaar verbanning was, het hy dit gebreek en toe nog ses maande in die tronk spandeer. ‘Ek het ’n prys betaal om ’n fotograaf in hierdie land te wees’ sê hy.

Toe die verbanningsorde in Oktober 1975 verval het, was hy terug op sy pos met die Rand Daily Mail. 'Niemand sou my keer om die waarheid te vertel nie!’ Met styl verduidelik hy hoe hy maniere gevind het om in alleenaanhouding te oorlewe. Sy krag het ‘van God’ gekom, erken hy, ‘en ek het geweet dat ek absoluut niks verkeerd gedoen het nie! Al wat ek gedoen het was om die kinders af te neem wat op die plase werk’. Hy onthou; ‘Ek kon die ander gevangenes deur die aand hoor skree soos wat hulle gemartel was. As ek gedink het ek was die enigste een sou ek mal gaan. Dit het my baie gehelp om te weet dat ek nie die enigste een is wat ly nie. Daar was ander wat meer as ek gely het, hulle het lewenslange tronkstraf op Robbeneiland uitgelewe.’

Vandag is hy ’n kalm man wat vinnig lag, en dit is duidelik dat hy nie wrok toegelaat het om sy hart te vul nie. ‘Moenie vergeet nie, maar vergewe. ‘Jy moet aangaan met jou lewe.’