Brandmerk Metodes

© Chris Daly
Diere kan gebrandmerk of getatoeëer word met gevriesde of baie warm smee ysters. Sommige boere kry ook spesiale vergunning vir ander maniere van brandmerk soos spesiale mikroskyfies wat gebruik word vir diere wat van hoë waarde is.
Daar was bekommernisse oor die diere indentifikasie sisteem tydens die konsepwetgewing wat in 2018 verskyn het - “Draft Document For A Livestock Identification And Traceability System South Africa” – wat die gebruik van plastiese oor koddering vir primêre identifisering van koeie, skape, bokke, varke en akwakultuur bevorder het. Deur die jare egter het die oor koddering hoogs gesofistikeerd geraak en is nou toegerus met radio vrekwensie identifikasie, wat die hou van rekords op plase baie makliker maak.

Warm Yster Brandmerking

Volgens “The farmer’s guide to the prevention and handling of stock theft” van die Nasionale Veediefstal Voorkomings Forum, is dit die maklikste om aparte smee ysters vir elke karakter van die identifikasiemerk te maak. Die volgorde van hierdie merk en die hitte graad kan dan eers op ʼn stuk hout getoets word om te verseker dat dit korrek is, voordat dit op die dier getoets word.

Dit is beter om meer as twee hanteerders te wees tydens die brandmerking van die diere. Dit is ook beter om dit toe te pas in ʼn hok wat spesifiek gebruik word vir hierdie doeleindes. ʼn Immobiliseerder of kniehalter kan gebruik word om te verseker dat die hanteerders nie deur die diere geskop word nie.
Die smee yster sal ʼn grys kleur wees wanneer dit reg is om te gebruik, en moet dan saggies geplaas word (moet nie hard druk nie) teen die dier se vel vir ongeveer drie stadige tellings. Daar kan ys of koue water op die wond gesit word om dit af te koel. Die gids waarsku spesifiek teen die gebruik van ʼn lap om die wond af te smeer of om diermis op die wond te sit nie, omdat dit tot infeksies kan lei.

Vries Brandmerking

Vries brandmerking is 'n meer menslike metode as warm yster brandmerking, maar dit is nie altyd suksesvol nie en die toerusting wat gebruik word is baie duur. Verkieslik moet twee mense dit saam doen en ʼn immobiliseerder of kniehalter gebruik. Die dier se hare moet afgeskeer wees op die plek waar die dier gebrandmerk gaan word.
Die smee yster is sterker as die een wat gebruik word vir warm brandmerking en word afgekoel in vloeibare stikstof of met droë-ys en brandspiritus totdat die yster ophou om borrels af te gee. Die oorvloedige stikstof en spiritus moet afgeskud word voor die dier gebrandmerk word, om te voorkom dat dit afloop op die dier se vel.
“The farmer’s guide to the prevention and handling of stock theft” adviseer boere om harde drukking toe te pas met die yster vir omtrent 20-25 sekondes op diere van 6 tot 8 maande oud. 25 tot 30 sekondes se drukking moet toegpas word op diere van 9 tot 18 maande en 30 tot 35 sekondes drukking vir diere ouer as 18 maande.

Tatoeëring

'n Ink en ʼn knyptang word gebruik om diere te tatoeër. Die diere se ore moet mooi skoongemaak word voor die tyd om te keer dat die ink nie vlek nie. Die tatoeër knyptang moet hard gedruk word totdat gaatjies in die vel verskyn en dan word die ink in die gaatjies gesmeer.

Oor Kodering

Met kodering word die manlike of vroulike kodering hegplaaitjies geposisioneer aan beide kante van die dier se oor en dan met die gebruik van ʼn toestel geheg. Boere kan ʼn onderskeid maak tussen die verskillende diere met die gebruik van verskillende kleure hegplaaitjies of op verskillende ore.

Translated by Wilma Koeppen