Anti-inflammatoriese Afrika Aartappel

© Uwe Thobae

Die geelsterretjie of gifbol (Hypoxis hemerocallidea) word in Engels die 'star flower' en ‘African wild potato’ genoem, maar is nie verwant aan die huishoudelike aartappel nie. Die geelsterretjie is familie van die lelie en is 'n baie geharde, droogtebestande plant inheems aan Suid-Afrika.

Dit groei in die somerreënvalstreke en het 'n heldergeel stervormige blom met harige blare. Tradisionele genesers gebruik dit as muti om delirium, 'slegte bloed' (in diabetes), PMS en parasiete te behandel. Konvensionele gebruike sluit in die gebruik van 'n diep indringende salf om simptome wat verband hou met artritis, psoriasis en fibrositis (‘fibromyalgia’) te behandel.

Dit is ook voordelig vir veltoestande soos ekseem, aknee, littekens, brandwonde, uitslag, bedsere, vratte, rekmerke, sonbrand, insekbyte en droë vel. Die aktiewe bestanddeel ‘hipoxoside’ word van die knolvormige wortelstok verkry.

Dit het 'n hoë sterol- en sterolien-inhoud wat sterk potensiële anti-inflammatoriese en immuunversterkende eienskappe kan hê. In ‘n werking soortgelyk aan kortisoon, kan dit weefselbeskadiging herstel en spierpyne verlig.

Dit dien ook as ‘n kragtige antioksidant wat 'n anti-veroudering effek het. Teorieë stel voor dat die geelsterretjie voordelig kan wees in die behandeling van MIV/vigs.

Mediese Vrywaring

Die inligting is slegs vir opvoedkundige en inligtingdoeleindes en mag nie as mediese advies geïnterpreteer word nie. Dit is nie bedoel om mediese advies of behandeling te vervang wat deur gesondheidswerkers aangebied word nie.

Translated by Hazel Oliver