Albertina Sisulu - Vereer vir Jare van Diens

©Eric Miller
Albertina Sisulu is een van die mees gerespekteerde figure in Suid-Afrika se geskiedenis. Sy het verskeie eerbewyse ontvang vir haar diens en toewyding aan die anti-apartheidstryd:
In 1986 het sy die ere-burgerskap van Reggio Nell'Emilia in Italië ontvang.
In 1988 het 'n Lenasia-koerant, The Indicator, die Sisulu-familie, die Newsmaker of the Year-toekenning toegeken.
Sy is verkies tot President van die Wêreldvredesraad van 1993 tot 1996 in Switserland. Dit was ter ere van haar anti-apartheid-aktivisme en maatskaplike werk.
In 1994 was hulle 'n deel van die eerste demokratiese parlement en het gedien vir vier jaar, tot hulle afgetree het. Sy het ook 'n toekenning ontvang van die destydse President, Nelson Mandela.
In 1999 het sy 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van die Witwatersrand ontvang vir haar toewyding aan die oorsaak van demokrasie en geregtigheid in Suid-Afrika.
In 2003 is sy vereer vir haar jare van toewyding aan die sosiale opheffing van Suid-Afrikaners toe 'n Soweto-sentrum vir kinders met spesiale behoeftes na haar vernoem is.
In 2004 was sy 57ste in die TV-kanaal SABC 3 se Groot Suid-Afrikaners.

Translated by Hazel Oliver