Albertina en Walter Sisulu

© Eric Miller

Die Eerste Vergadering

Albertina Thethiwe se eerste ontmoeting met Walter Sisulu, was toe sy in 1941 by die Johannesburgse Algemene Hospitaal was. Hy was destyds 'n jong politieke aktivis en sy het hom dikwels na vergaderings van die Kongres Jeugliga vergesel.

Sy was die enigste vrou wat deelgeneem het in hierdie ontmoetings, al het sy dit in 'n ondersteunende vermoë gedoen en nie regtig as 'n lid beskou was nie. Jare lank daarvan gepraat en gesê: "Erken dit my liefste, jy het net oë gehet vir jou kêrel."

Walter stel voor

Die twee het op die strate van Johannesburg gewandel, toe Walter om haar hand in huwelik gevra het. Hy het haar hand geneem en haar gevra om met hom te trou. Van die oomblik toe hy haar ontmoet het, was hy so beindruk met haar dat hulle net vir 'n kort tydjie uitgegaan het voordat die vraag van die huwelik opgekom het, en hy was nie gereed vir haar reaksie nie.

Sy het vir hom gesê, voordat hulle aan trou dink, is daar iets wat hy van haar moes weet. Hy het haar gevra wat dit was en sy het geantwoord dat sy kinders het. Hy was so verbaas dat hy haar hand laat val het. "Hoeveel?", het hy gevra? "Drie," het sy gesê. Dit het sy verstand geskok, want om 'n vrou met kinders te trou, is as 'n sosiale stigma beskou en hy het probeer om sy kop te hou en het haar skielik gevra hoe oud hulle was.

Dit is toe sy verduidelik het dat sy verantwoordelikheid vir haar drie jonger broers en susters aanvaar het nadat haar ouers gesterf het. Walter was beïndruk, en hy het haar belowe om die verantwoordelikheid te aanvaar om haar by te staan as hulle trou, en hy het haar nie teleurgestel. Nie lank daarna het hy Albertina se broer genooi om na Orlando-oos te kom om sy skool te voltooi.

Suid-Afrika se groot Liefdesverhaal

Albertina en Walter het in 1944 getrou met Nelson Mandela as die strooijonker. Hulle het vyf kinders (Max Vuyisile, Mlungisi, Zwelakhe, Lindiwe en Nonkululeko) van hul eie gehet en vier aangeneem. In 2003 het Walter in sy vrou se arms gesterf.

Hulle was 59 jaar getroud. By sy begrafnis, het hul kleindogter hierdie eerbetoon aan hom voorgelees: Walter, wat doen ek sonder jou? Dit was vir jou wat ek wakker geword het in die oggend, dit was vir jou wat ek gelewe het. Jy was weggeneem deur die euwels van die verlede die eerste keer, maar ek het geweet dat jy na my sal terugkom. Nou het die hand van die dood jou weggeneem en 'n leemte in my hart gelaat. Sisulu se verhouding word dikwels beskou as een van Suid-Afrika se groot liefdesverhale.

Translated by Hazel Oliver

Albertina Sisulu se Nalatenskap

Albertina Sisulu, genaamd Moeder van die Nasie of Ma Sisulu, is bekend om 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en die vrou van mede-akt...more