White-Tailed Mongoose
Witstertmuishond

© Roger de la Harpe

Naam

Witstertmuishond (Ichneumia albicauda)

Voorkoms

Daar is geen verskil in die grootte of voorkoms van die geslagte nie. Die witstertmuishond is 1.1 m lank en weeg 4.3 kg. Die pels is donkergrys en die stert kenmerkend wit met lang hare. Die bene is swart en die voorbene lyk korter as die agterbene.

Dieet

Die witstertmuishond eet hoofsaaklik insekte, termiete, kewers, sprinkane en krieke. Hulle is bekend daarvoor om ook amfibieë, knaagdiere en slange te eet.

Voortplanting

Die witstertmuishond gee na ’n dratyd van twee maande geboorte aan een tot drie kleintjies. Paring geskied gewoonlik in November en die kleintjies word in die somer gebore.

Sosiale Gedrag

Die witstertmuishond is gewoonlik alleenlopend, maar kan wel in klein groepies voorkom.

Habitat

Die witstertmuishond bly in waterryke bosveld en savanne gebiede.

Verspreiding

Verspreiding in Suid-Afrika wissel van die oostelike dele van die Noordelike Provinsie, deur Mpumalanga tot so ver suid as Oos-Londen.

Veldnotas

Een van die minder bekende muishonde, waarskynlik omdat dit meestal in die nag aktief is. Hulle is egter baie vokaal met ’n blaffende geluid wat veral tydens paartyd gehoor word. Hulle skei ook ’n onwelriekende reuk uit hulle anale sakkies af as hulle begin stres.