Wat om in te Doen in Rustenburg

©Jacques Marais
'n Kameelperd in die Pilanesberg Nasionale Park.

Rustenburg in die Noordwes provinsie van Suid-Afrika bied 'n verskeidenheid doendinge en besienswaardighede in die dorp en omliggende gebiede aan.

Rustenburg Besienswaardighede in die Omgewing

Besoek Oom Paul
Die Paul Kruger Plaashuis Museum se versameling van historiese geboue op Boekenhoutfontein plaas is vol Kruger memorabilia en items van argeologiese en historiese belang. 

Sun City Resort, plesier koninkryk 
Trotseer die ‘Temple of Courage’ waterglybaan in die ‘Brandervallei’; verdwaal in ‘Die Doolhof’; ry op ‘n waterponie of sweefseil by die ‘Waterwêreld’; kry jou adrenalien dosis op die 2 km foefieslaaid, of speel golf op 'n puik baan.

Groot Vyf krater
Die Pilanesberg Nasionale Park bied wild, dramatiese natuurskoon, diverse flora, oorvloedige voëllewe en 'n ongelooflike verskeidenheid van aktiwiteite aan, wat wissel vanaf stap en voël safari's tot stamdanse en interaktiewe dromme, binne 'n ou vulkaan.

Duitse sending
Die nabygeleë Kroondal, 'n Duitse Lutherse sending gestig in 1843, is 'n pragtige plek om te besoek, met 'n asemrowende gerestoureerde Lutherse Kerk en Watermeul, en 'n restaurant.

Val vinnig 
Vlieg tot 10,000 m in net 15 minute, voor jy nog vinniger afkom!

Geveerde rus
In die President Paul Kruger Gaste Lodge se welige, rustige tuine het die ganse, eekhorings en ​​ander diere voorrang. 

Duitse tradisies 
‘n Trotse en passievolle Duitse brouery en 'n heerlike verskeidenheid van tradisionele geregte is wat jy op die oewer van die Olifants Nek Dam sal vind. 

Die 'Rustenburg Ramble' kunsvlyt roete
Ondersteun die gemeenskapsprojekte soos die Serobe pottebakkery wat  tradisionele pottebakkery is maar moderne motiewe gebruik om lampe, blompotte, potte vir plante en kombuisware te skep. 

Stappersgenot 
Vaar die majestueuse Magaliesberge in en spandeer tyd op die Kgaswane Bergreservaat se staproetes. 

Aards maar voortreflik 
Terra Casa bied verfyning, heerlike kos en perfekte gasvryheid aan.