Egte Safari Ervaring
Thornybush, Groter Kruger

Geïnspireer deur die bekende film “Out of Africa”, Kwa Mbili Game Lodge is ’n outentieke safari ervaring in die Thornybush Wildreservaat.

Hoogtepunte

Geïnspireer deur die bekende film “Out of Africa”
Meru-styl tent akkommodasie met ’n skadu stoep
Swembad wat oor die watergat uitkyk
Aandete kan in ’n voëlskerm bedien word vir die kans om die nagtelike diere van die bos te sien
Kinders is welkom, alhoewel kinders jonger as 6-jaar nie toegelaat word op wildbesigtigingsritte nie

Jou Ervaring

Geïnspireer deur die bekende film wat op Karen Blixen se autobiografie gebaseer is, Kwa Mbili Game Lodge streef daarna om gaste die regte “Out of Africa” ervaring te bied. Die lodge is outentiek versier met koloniale skatte, donker houtvloere en kontemporêre argitektuur.

Hierdie outentieke safari lodge in die Thornybush Wildreservaat het ’n spesiale sjarme wat nie maklik vergeet sal word nie. Twee tipes akkommodasie word by Kwa Mbili Game Lodge aangebied. Gaste kan kies watter akkommodasie hulle behoeftes die beste pas en die lodge personeel sal na die res omsien.

Verwag uitstekende wildbesigtiging by Kwa Mbili Game Lodge met waarnemings van die beroemde Leeu-trots, die luiperdwyfie en voëlliefhebbers sal daarvan hou om die familie van Grondneushoringvoëls in die omgewing te sien.

Kwa Mbili Game Lodge is ’n lodge waar jy rustig kan wees met die wete dat jy perfek na omgesien sal word. By hierdie outentieke safari lodge is daar ’n afgesondere swembad waar jy kan ontspan of slegs vinnig swem voor jou volgende wildbesigtigingsrit.

Die kroeg is gevul met plaaslike biere en Suid-Afrikaanse wyne wat gaste in die aande om die kampvuur kan geniet - die ideale sosiale omgewing om jou safari stories met mede reisigers te deel. Kwa Mbili Game Lodge het ’n natuurlike en verwelkomende atmosfeer vir ’n outentieke safari ervaring.

As jy opsoek is na intieme wildbesigtigings en romantiese etes onder die Afrika hemelruim, dan is hierdie safari lodge in die Thornybush Wildreservaat die regte plek vir jou!