Daar is chalet-style akkommodasie of tent-suites om van te kies op hierdie outentieke safari lodge in die Thornybush Wildreservaat.
By Kwa Mbili Game Lodge is die chalet naby aan die hoof lodge gesitueer, ideaal vir families. Hierdie grasdak chalet bied gaste ’n knus safari ervaring, met traditionele matte, muskietnette en ’n ververssingskinkbord wat ’n safari sjarme aan die chalet verleen. Verblyf by Kwa Mbili Game Lodge bestaan uit vier safari-tente en een chalet.
Ingerig met lugverkoeling en mooi en-suite badkamers. Elke chalet maak met skuifdeure op ’n privaat stoep oop waar gaste in die Afrika son kan sit en bak terwyl hulle die ongerepte wildernis rondom hulle inneem.
Hierdie Meru-style tent suites is gebou met ’n grasdak wat oor die tent vou om die hitte in die somer uit te hou en elke tent het ’n en-suite badkamer met ’n buite stort. Hierdie grasdak loop uit oor die privaat stoep wat voor die tent gebou is en kan as ’n rustige buitelug ontspanningsarea dien.
Los-staande antieke beddens met elegant gedrapeerde muskietnette, klassiek tog gemaklike safari stoele en vol-vloer matte gee die tent ’n huislike gevoel. Versigtig uitverkore dekor wat die “Out of Africa” tema versterk, verdiep die atmosfeer by Kwa Mbili Game Lodge se tentkamp.
Kroeg
Aandenkingswinkel
Gasdak ontpan- en eetareas
Plonspoel
Wasgoed dienste