Luuks en Ruim - Aktiwiteite
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Gaste kan ook kies om na Ulusaba se buurlodge, die Ulusaba Rock Lodge, te gaan en die panoramiese uitsigte te geniet voordat hulle vir ’n private maaltyd in die wynkelder aansit.

Wildbesigtiging

Jy kan op ’n vroegoggend of aand wildbesigtigingsrit in ’n oop 4x4-safari-voertuig uitgaan. Daar is een om 5:30 in die oggend, maar as jy regtig nie 'n oggend persoon is nie, kan jy bietjie in slaap en die 16:30 rit kies. Niks glip verby die Ulusaba Safari Lodge se veldwagters en spoorsnyers se ingeoefende oë nie.

Hulle sal met jou kennis oor die omliggende habitat deel, terwyl hulle die Goot Vyf se spore volg. Elke wildbesigtigingsrit eindig op ’n hoë noot met verversings en peuselhappies wat in die hartjie van die bos bedien word.

Stap Safari

Na ontbyt kan gaste van Ulusaba Safari Lodge uitgaan op ’n stap safari, indien die weer dit toelaat. Die veldwagter en spoorsnyer lei jou deur die veld terwyl hulle die verskeie voëls en diere van die laeveld uitwys. Hierdie stap safari’s is 'n geleentheid om die kleiner diere, wat dikwels op wildbesigtigingsritte gemis word, te sien. Hierdie kleiner diere sluit verkleurmannetjies, miskruiers en bosbokkies in.

Aroma Boma

Wees rustig en ontspan met 'n ware Afrika-massering of 'n spa behandeling by die Aroma Boma. Hierdie bos safari lodge in die Sabi Sands Reserve bied 'n hele reeks masserings, terapie en verskeie skoonheidsbehandelings. Hoekom nie jou beste lyk vir al die safari foto's wat jy gaan neem nie.

Ander Aktiwiteite

Sterrekyk vanaf die sterrewag Tennis Wynproe in die privaat kelder Dag uitstappies op die Panorama-roete Gemeenskapstoere