Luukse Ervaring Langs die Rivier
Sabi Sands, Kruger Nasionale Park

Lion Sands River Lodge bied moderne safari akkommodasie in die Sabi Sands Wildreservaat, gesellig ingerig vir solo reisigers, gesinne en paartjies.

Hoogtepunte

Gespesialiseerde seekoei- en sterrekyk toere
’n Verskeidenheid avonture: helikoptervlugte, bos wandelinge en wildbesigtingsritte
Kinders ouer as 10-jaar is welkom, kinderaktiwiteite word aangebied en familie kamers is beskikbaar
Ingerig vir reisigers wat fisies gestremd is
Troupakette

Jou Ervaring

By hierdie moderne safari akkommodasie in die Sabi Sands lei lantern verligte paadjies jou na jou grasdak suite wat 'n privaat uitsig oor die Sand Rivier het. Hierdie moderne safari lodge akkommodasie in die Sabi Sands se suites is gepas vir solo reisigers, paartjies en gesinne. Hier heers daar ’n sosiale en verwelkomende atmosfeer en gaste geniet saam ontbyt op die besigtigingsdek terwyl hulle die uitsig oor die vlaktes bewonder. In die aande word besigtiging stories rondom die vuur gedeel. Spesiale pieknieks kan in ’n boomhuis geniet word. Smul aan jou peuselhappies terwyl een of twee olifante by jou aansluit! Wildbesigtigingsritte gaan twee keer ’n dag uit maar gaste wat nie lus is om vroegoggend op te staan nie, is welkom om laat te slaap en hulle vrye tyd na hartelus te spandeer. By hierdie moderne safari akkommodasie in die Sabi Sands kan gaste rustig langs die swembad ontspan, of ’n spa behandeling geniet en dan weer op ’n laat middag wildbesigtigingsrit uitgaan.