Bekostigbare Safari-ervaring
Sabi Sand, Kruger Nasionale Park

Umkumbe Safari Lodge bied bekostigbare akkommodasie vir paartjies en families in die private Sabi Sand Wildreservaat.

Hoogtepunte

Wildritte, stapsafari en buitelug etes
Chalets met ’n rivier uitsig
Akkommodasie vir kinders ouer as 5 jaar oud

Jou Ervaring

Umkumbe Safari Lodge beslaan ’n groot deel van die gebied langs die Sandrivier. Umkumbe beteken “Die renoster” in die plaaslike Shangaan, maar hierdie gebied van die Sabi Sand Wildreservaat is veral bekend vir sy luiperd populasie. Een spesifieke dominante luiperdmannetjie met die naam Mxabene patrolleer die gebied en daar word soms gesien hoe hy aan stomende vars mis knibbel.

Oggend/laatmiddag wildritte sal jou na die wildernis toe vat, maar selfs vanaf die lodge se uitkyk dek word olifante, seekoeie, buffels en bokke gereeld in die rivierbedding gesien. Umkumbe Safari Lodge bied bekostigbare akkommodasie vir paartjies en families in die private Sabi Sand Wildreservaat. Tien chalets wat oor die rivier uitkyk bied skoon, ruim kamers met al die nodige geriewe.

Spandeer jou vrye tyd langs die swembad saam met die kinders of kuier saam met jou medegaste by kersligetes in die boma. Umkumbe Safari Lodge bied ’n outentieke safari ervaring sonder die onnodige fieterjasies. Daar is genoeg tyd om net te rus, jouself te geniet en die Afrika-wild te waardeer.