Naby aan die Natuur
Pongola Wildreservaat, KwaZulu-Natal

Die White Elephant Bush Camp bied luukse selfsorg akkomodasie in die Pongola Wildreservaat in KwaZulu Natal.

Hoogtepunte

Watergebaseerde safari avontuur
Malariavrye gebied
Sonsondergang bootritte op die meer
Opwindende bewaring georiënteerde aktiwiteite
Wynkelder

Jou Ervaringe

Die luukse White Elephant Bush Camp is geleë in die pragtige Pongola Wildreservaat in KwaZulu Natal. Daar is volop wild in die wildreservaat insluitend olifante, buffels, renosters, kameelperde, 12 verskillende wildsbok spesies en 350 voëlspesies. White Elephant Bush Camp is veral passievol oor olifante en renosters en bied verskeie aktiwiteite wat op die twee besonderse soogdiere fokus.

Gaste se verblyf by hierdie safaritent lodge in die Pongola Wildreservaat is onvergeetlik. Die lodge word deur die eienaar self bestuur en die personeel dra jou op die hande vandat jy hier aankom. Die luukse safaritente reflekteer die geskiedenis en romanse van die vervloë koloniale era.

Al die geriewe is so gekies dat jy ’n wonderlike ervaring sal hê. By White Elephant Bush Camp is daardie perfekte mengsel van luuksheid en Afrika wildernis wat jou sal laat voel asof jy nooit hier wil weggaan nie.