Weggesteekte Paradys
Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal

Karkloof Safari Spa bied ontspannende gesondheidsbehandelinge, wildbesigtiging en luukse spa akkommodasie in Pietermaritzburg, Kwa-Zulu Natal.

Hoogtepunte

Omvou stoep met uitsigte oor die vallei
Alle dieëtversoeke kan na omgesien word
Bergfietsry, voëlkyk, staproetes, visvang aktiwiteite
Daaglikse 4x4-wildbesigtigingsritte & safari wandelinge
Hidro-terapie, yoga, lyfbehandelinge & masseringsterapie

Jou Ervaring

Die ongelooflike Karkloof Safari Spa is in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal geleë. Hierdie luukse spa akkommodasie bied aan gaste goed toegeruste villas met moderne kamer geriewe en hoë gehalte fasiliteite.

Karkloof Safari Spa bring luuksheid na die rowwe bos. Onspannende spa behandelinge word deur gekwalifiseerde Thai terapeute in een van die 17 luukse behandelingskamers gedoen. Lê en geniet jou behandeling in vrede. Die natuurlike behandelinge is spesiaal ontwerp om jou te laat ontspan en jou liggaam en siel te verfris. Spa fasiliteite sluit ’n dryfswembad, jacuzzi, sauna, stoom kamer en refleksie area in.

By hierdie luukse spa akkommodasie in Pietermaritzburg hoef jy nie net rond te lê nie. Pomp bietjie jou adrenalien met opwindende buitelug avonture wat elke dag geniet kan word. Aksie-gelaaide wildbesigtigingsritte is ideaal om die volop wild van die area op te spoor. Meer as 270 spesies voëls kan in en om Karkloof Safari Spa gesien word. Ander buitelug aktiwiteite sluit bergfietsry, visvang en stap safaris in.