Rivierlangse Lodge
Mkuze Wild Lodge, KwaZulu-Natal

Mkuze Falls Game Lodge is geleë op die bed van die Mkuze-rivier en bied ’n outentieke wild safari ervaring in KwaZulu-Natal aan. 

Hoogtepunte

Uitsig oor die Mkuze-rivier waterval
Besigtinge van olifant, leeu, luiperd, renoster, buffel, krokodil, sebra en kameelperd
Daaglikse 4x4-wildbesigtigingsritte in oop safari-voertuie
Daaglikse voëlkyk en bos wandelinge met ervare gidse en spoorsnyers
Privaat spa met masserings – perfek vir wittebroodreisigers en paartjies

Jou Ervaring

Mkuze Falls Game Lodge is in die hartjie van Zululand in KwaZulu-Natal geleë. Die Lodge bied besoekers akkommodasie in grasdak chalets of ’n ruim safari suite. As asemrowende uitsigte oor ’n rivier, bos en berge tot jou spreek, dan is hierdie die plek vir jou!

Wilbesigtigingsritte gaan twee keer ’n dag in die wildernis in om die wild, insluitende die bekende Groot Vyf, te sien. Gaste word vroeg in die oggend met ’n heerlike koppie vars koffie of tee wakker gemaak, voordat hulle uit gevat word om die roofdiere wat terugkeer van hul nagtelike jagtogte, te sien.

Die tweede wildbesigtigingsrit gaan laat in die middag uit. Wanneer die lug met kleure van rooi en oranje begin verkleur, sal jou gids ’n uitsigpunt vind en vir almal ’n ys-koue skemerkelkie uitdeel. Wanneer die donkerte begin toesak gebruik die gidse by Mkuze Falls Game Lodge ’n soeklig om die nagtelike diere aan gaste uit te wys.

Hierdie safari lodge het ’n ruim ontspanningsarea, swembad en kroeg waar jy tyd tussen wildbesigtigingsritte kan spandeer. Watokal jy kies om met jou tyd tussen die twee-daaglikse ritte te doen, die hoogtepunt van jou verblyf sal beslis die onvergeetlike wild besigtinge wees.

Ontspanning en gesondheid kom eerste by Mkuze Falls Game Lodge. By hul spa kan jy gepamperlag word met masserings, manikure en pedikure by een van die hoogs-gekwalifiseerde skoonheidsterapeute.

Ander aktiwiteite in die area sluit stap safari’s, bootvaarte, vierwielfietsry, visvang en bergfietsry in.