Tradisionele Safari Styl - Aktiwiteite
Groter Kruger

Kapama Buffalo Camp bied twee opwindende wildritte per dag aan in ’n oop 4x4 safarivoertuig wat ’n onbelemmerde wildbesigtiging verseker.

Wildritte

Ervare veldwagters vergesel jou en verbeter jou kanse om die wild wat hier voorkom asook die Groot 5 te sien. Die veldwagters het ’n uitgebreide kennis van die natuur en die wildritte is nie net ontspannend nie, maar ook baie interessant en leersaam.

Stapsafari

Ingesluit in jou verblyf by Kapama Buffalo Camp is ’n begeleide stapsafari saam met ’n kundige veldwagter wat jou nader aan die natuur bring. Op hierdie stapsafari sal jy meer bewus word van die natuur se geluide en ook die wildlewe meer intens ervaar.

Voëlkyk

In die Kapama Wildreservaat is daar ’n groot verskeidenheid voëlspesies en vir voëlkykers is dit ’n besonderse ervaring. Jy kan selfs net in die sitkamer sit en die ongelooflike voëllewe geniet.

Ander Aktiwiteite

Kapama Buffalo Camp is ideaal geleë om die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies te besoek waar jy die jagluiperd, wildehond en nog baie meer van nader kan sien. ’n Lugballon safari is ook beskikbaar en om so vanuit die hoogte na die wild te kyk is baie besonders. Vir ’n romantiese aand onder die sterre kan jy die aand saam met jou geliefde op ’n luukse platform met ’n en-suite-badkamer deurbring. Dit sluit ’n heerlike vyfgang ete en sjampanje in. Hierdie ervaring is heeltemal veilig en jy het ook ’n tweerigtingradio om in verbinding met die lodge te bly.