Wildbesigtigingsaktiwiteite sluit 4x4-wildbesigtigingsritte in die Kruger Nasionale Park of aand wildbesigtigingsritte in die Sabi Sands in.
Wildbesigtiging in die dag kan in die oggend, middag of as ’n hele dag uitstappie gedoen word. Wees op die uitkyk vir die bekende Groot Vyf, asook ’n verskeidenheid spesies voëls en interessante plante en bome. Jou gids sal jou alles leer oor die belangrike rol wat elke inwoner van die Afrika wildernis speel.
By Dreamfields Guesthouse sal jy nie net privaatheid en elegante gemaklikheid ervaar nie, maar ook vriendelike diens. Die personeel van hierdie bekostigbare gastehuis in Hazyview sal jou assisteer in jou beplanning van jou daaglikse aktiwiteite. Die area rondom Dreamfields Guesthouse bied ’n wye reeks opwindednde aktiwiteite aan wat jou verseker vermaak sal hou.
Behalwe vir wildbesigtigings kan jy ook die omgewing verken met ’n vierwielmotorfiets toer. Gaste wat opsoek is na bietjie meer adrenalien kan woelwater karjakkery of kabelry aanpak. By hierdie bekostigbare gastehuis in Hazyview kan jy uitsien na daardie outentieke safari gevoel met ’n olifant interaksie ervaring.
Daar is ook die opsie om ’n besoek aan die plaaslike Shangaan dorpie af te lê. Ry die Panoramiese roete of vlieg in ’n mikrovlug oor die landskap. Die langste kabel rit in Suid-Afrika, 1.2 km, kan ook in die omgewing aangepak word.