Xhosa-Kultuur Deurgangsrites

Mans se Inisiasie Praktyke

©Dr Peter Magubane

Sowat 150 jaar of meer gelede het alle Suidelike -Afrika stamme en Khoi-San-mense inisiasie praktyke van die jeug waargeneem om die seuns en dogters vir hulle toekomstige rolle in die volwasse samelewing voor te berei.

Op een of ander onbekende datum in die verlede het die Xhosa- Hoofman  besnydenis as die hoof vorm van die manlike inisiasie proses aanvaar, moontlik afkomstig uit 'n Sotho bron, en dit word sedertdien met die Xhosa geassosieer.

Met die verloop van tyd en grootliks as gevolg van die Xhosa invloed is die besnydenis deur naburige kapteinskappe soos die Thembu, Mfengu, Bomvana, Xesibe, Mpondo en Mpondomise aangeneem.

Ongetwyfeld het besnydenis  oorspronklik 'n militaristiese betekenis gehad as 'n waardige beproewing vir die jong manne wat as krygers moes dien voor hulle in aanmerking kon kom om te trou. Dingiswayo, Shaka se voorganger, het die regiment sisteem in Zululand ingestel en Zulu besnydenis is gestaak.

Die Xhosa Inisiasie

©Dr Peter Magubane

In die verlede het elke Xhosa inisieerder spiese en oorlog klubs by sy pa en pa se broers  gekry by die uitkoms seremonie (umgidi)wat gehou is om die ingewydes (abakhwetha) (jongelinge) terug in die samelewing te inkorporeer nadat hulle in die bos in afsondering moes bly. Besnyding word nog steed in verswakte vorm beoefen deur Xhosa-sprekers beide in dorpe en landelike gebiede alhoewel die doeltreffendheid daarvan tans twyfelagtige is van 'n mediese oogpunt.

Sedert die vroeë 1990's het die getalle van manlike inisiasie lede wat  mediese en psigiatriese komplikasies opdoen en selfs sterf as gevolg van die besnydenis elke jaar vermeerder. Die oplossing vir hierdie netelige probleme lê natuurlik in die plasing van die besnydenis operasie in die hande van medies opgeleide personeel.

Translated by Wilma Koeppen